Wat is Bamboes?

Bamboes is ‘n tipe boom. Daar is ‘n magdom verskillende tipes bamboes, meer as gekoopte en gesteelde kwalifikasies in die parlement. Maar dit het jy natuurlik geweet.So hoekom is hierdie webwerf se naam bamboes? Ek skat mens kan verskriklik baie drink en dan filosofies probeer wees en opkom met dinge soos dat die Afrikaanse taal soos bamboes is. Nie groen nie, maar dit groei. Sommige bamboes soorte groei so vinnig dat jy jou storie moet ken as jy hom plant, anders groei hy skeef. En net so behoort die mense daar buite te weet om nie op Afrikaans te gaan sit nie. Voor jy jou oë uitvee groei dit in jou gat in. Maar dis ook nie rede nie.

Bamboes sê net lekker. Jy kan hom amper sing “bam” “boes” “bam” “boes”. Amper ‘n soort van ‘n oorlogskreet voordat jy ‘n meisie uitvat. Dit klink ook beter as bambiel.

Maar eintlik wou jy weet wat die doel van bamboes is? Dis ook ‘n moeilike vraag, want ek glo die doel sal groei soos bamboes. So my beste antwoord mag dalk wees: ‘n Plekkie om klagtes, pret, storietjies en staaltjies, soetsappige gediggies en allerlei ander goetertjies te deel met ander mense wat nie soos jy voel nie vir die aande wanneer jy nie 7de laan wil kyk nie, of dalk net wil nonsens skryf.

dis die web
dis die werf
dis die kakpraat wat nie sterf
en ‘n aardige reuk sweef in die lug
dis al

Louw de Twak

7 Responses to Wat is Bamboes?

  1. Chanelle sê:

    Ek het perongeluk op jou site afgekom en ek dink dit is fantasties. Wens daar was meer!

  2. Stephan sê:

    Hi Daar,

    Baie lekker blog! Ek het ‘n skakel daarna op my webwerf geplaas onder Blogs.

    Groete,
    Stephan

  3. Karneels sê:

    Klink goed manne kom ons kook met gas en Afrikaans prik borrel lekker dieper in ons bloedstrome optrek en ons weefsesl nouer saam bring. Jy is reg Louw Twak van nerens af nie, Afrikaans het sy gier en as die pappa jou byt ken hy nie afrdaaie nie. ek het steeds my praat wat gepraat moet word en sekerlik sal die tyd aanbreek. ek is bietjie teleurgesteld in die terugvoering en interaksie skedules wat so ver en wyd uitmekaar le en sekerlik is daar meer ‘blogs” wat meer aktief is. hou my maar op hoogte en wikkel broer. mense hoor net jou stem as hulle weet wie jy is en wat jy doen. die woorde wat daarna volg is soos Goud snare wat alles ewendig maak. praat sonder ophou en sien die dinge wat jy praat sodat jou woorde kan befin LEWE!!!

  4. rooikattie sê:

    Ek geniet nou hierdie blog vreeslik! Afrikaans is soos pitkos vir die fynproewer…

  5. ag hoe heerlik.ek wou iets uitvind oor miniatuur bamboes, toe kom ek hierop af. geniet dit baie.

  6. Henry sê:

    Kostelik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s