Frikkie soek ‘n fiets

rooi fiets
Klein Frikkie slaan in die kombuis uit en sê vir sy ma hy wil praat oor geskenke.
“Ma,” se hy. “Ek soek ‘n fiets vir Krismis.”

Maar Frikkie is eintlik bitter stout en maak altyd moeilikheid by die skool en met sy gesin. Sy ma reken hy moet eers dink aan sy optrede deur die jaar. Dan moet hy vir Liewe Jesus ‘n briefie skryf en verduidelik hoekom hy ‘n fiets moet kry.

Hoogs befoeterd, gaan Frikkie na sy kamer toe.

Brief 1

Liewe Jesus,
Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb ‘n fiets kry vir Krismis? ‘n Rooie.
Frikkie

Na hy bietjie gedink het weet Frikkie hierdie storie gaan nie werk nie. Hy was regtig onmoontlik stout deur die jaar.

Brief 2

Liewe Jesus,
Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van ‘n rooi fiets vir Krismis.
Soet Frikkie

Weer weet Frikkie hy vat ‘n kans. Hy skeur die briefie op en begin oor.

Brief 3

Liewe Jesus,
Ek was ‘n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my ‘n fiets kan gee vir Krismis.
Frikkie
Amper dadelik weet Frikkie dit gaan nie werk nie. Nou’s hy eers kwaad. Hy’s uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy dink: Mooi, die plan het gewerk. hy dink nou anders oor die saak. “Wees net betyds vir ete,” roep sy agterna.

By die kerk gekom stap Frikkie na die altaar toe. Hy kyk rond , sien niemand, en steel die Maria beeldjie. By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok nader. Nou’s hy reg vir die brief.

Brief 4
EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN, STUUR ‘N FIETS – ‘N ROOIE.
GETEKEN – JY WEET WIE.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s