Aan die moeder in ons huis

Wat my ma my geleer het

Ma het my geleer hoe om te bid:

Elke aand, nadat sy my in die bed gesit het, het sy gesê:
“Dankie Here hy is in die bed”
“Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom”

Sy het my geleer van “time travel”:

Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa’s is slimmer en ryker as ma’s:

Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor fotosintese:

Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en Klein te wees:

Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:

Dit lyk of ‘n dekselse orkaan jou kamer getref het

Sy het my geleer van fauna en flora:

Moenie vir my vertel pêrredrolle is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:

Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:

Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë:

Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeeet het!

Sy het my geleer van sintuie:

Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:

Hou aan lag, Dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:

Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles is:

As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek’t nounet hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:

Sit jy alweer en tanne Tel!

Sy het my logika geleer:

Want ek sê so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:

Ek sal jou klap dat jy jou antie vir ‘n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!

7 Responses to Aan die moeder in ons huis

  1. Rustig sê:

    Dankie, jy het sommer my dag gemaak. My ma word 70 die jaar en ons beplan vir haar iets. Dit het my sommer laat besef hoe wonderlik moeders regtig is. Selfs na al die gedreig is hulle oneindig lief vir hul kinders.

  2. skoor sê:

    Dis kosbaar Twakkie – priceless!

  3. Pikkelik sê:

    Whahahahaha – Nou weet ek sommer wat om op haar Moedersdagkaartjie te skryf! 😆

  4. Marina sê:

    🙂 Ons Dierbare Moeders!!!!

  5. Eendjie sê:

    Ja-nee, vir fotosintese, fauna & flora en logika ken ek goed!!!

  6. Paneling sê:

    Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Paneling

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s