Piepie hier, piepie daar, en siedaar

Die “tag” ding deur Vokkof (Ek tag jou)

10 van die 11 dinge wat my afpis…..

1. Mense wat rassisme en onbevoegdheid verwar…..ek meen, deur te sê iemand is onbevoeg om sy werk te doen, word daar dadelik politiek aan gekoppel. Of jy kan, of jy kan nie. Niks met kleur of geur uit te waai nie.

2. Mense wat te liberaal is…..is geneig om realiteit en relatiwiteit te verwar

3. Mense wat te regs is…..is geneig om aan tonnelvisie te lei

4. Mense wat kool en boontjies by die werk eet. My donder boetman, ek verstaan jy het dalk spysverterings probleme, maar maak ‘n ander plan.

5. Vet tannies wat sê dis ongesond om te rook. Voor jy kan praat oor gesondheid, lyk eers bietjie gesond.

6. Mense wat aggresief raak tydens ‘n argument en dit blameer op “passie”

7. Die nuus. Is daar wragtig niks meer positief om uit te saai nie. Fokkit.

8. Mense wat meer worry oor wat ander mense van hulle dink, en in die proses leef hulle ander mense se lewens.

9. ‘n Troue op ‘n Vrydag

10. Die onbenullige, sinnelose, onverstaanbare, onnodige, onwelvoeglike neus van Michael Jackson

7 Responses to Piepie hier, piepie daar, en siedaar

  1. sonneblomseplekkie sê:

    Hi daar,

    Lekker lag ek vir ou Michael se neus. En die een van die tannies….skerp hoor 😀

    Lekker daggie
    Sonneblom

  2. vokof sê:

    Vok, die hele Michael Jackson is ‘n ding om my af te pis, broer!

    Ek het noudie dag tande geborsel met die radio aan (ja, ek is darem nie altyd vuilbek nie) en gewonder wat hulle sal uitsaai as daar vokol verkeerd is in die land nie. Hoe sal ons nuus klink as almal hulle soos opgevoede vokin grootmense gedra?

    Skrik ek nou amper vir my laaste sin – dit is seker nie moontlik wyl ek die hele tyd die pot roer nie, en netnou sit ek uit werk!

  3. boendoe sê:

    Twakkie, ek is met jou met alles, behalwe Michael se neus. Dis vir my nogal prettig om te sien hoe hy verander met die jare.
    Eh, wat is jou nommer 11?

  4. Dellie sê:

    ‘n Troue op ‘n Vrydag is net so erg soos ‘n troue op ‘n Saterdag wanneer ‘n final gespeel word…😆

  5. boegels sê:

    Lekker om jou blog raak te lees. Kom kyk die vrou van dapperheid toekenning op my blog.

  6. Ek stem met Boendoe oor daai neus.

  7. Skoor sê:

    Hey Twakkie, dit is weer tyd om te surface man. I miss u and i miss u se jokes!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s