Hercules, Sneeuwitjie en Don Juan

Een middag laat sit drie vriende en redekawel oor hulle lewens en wat hulle bereik het. Dit was Hercules, Sneeuwitjie en Don Juan.

Sonder om te skroom sê Hercules dat hy beslis die sterkste man in die wêreld is.

“Dit mag dalk waar wees”, sê Sneeuwitjie, “Maar ek is beter want ek is die mooiste in die land.”

Don Juan lag vir hulle albei en sê hy moet die beste van almal wees want hy het al met die meeste vrouens geslaap.

Na ‘n paar uur se stryery, besluit hulle toe om na ‘n Ghoeroe te gaan wat die waarheid sal weet.

Eers gaan Hercules na die Ghoeroe se grot toe. ‘n Paar oomblikke later kom hy met ‘n groot glimlag op sy gesig terug.

Die Ghoeroe het toe beaam dat hy wel die sterkste man in die wêreld is en hy is baie selfvoldaan.

Sneeuwitjie kom ook by die grot uit met haar lieflike glimlag: “Dis waar!” sê sy, Ek IS die mooiste meisie in die wêreld!”

Oomblikke later kom ‘n duidelik bedonnerde Don Juan by die grot uitgestorm: “Wie de moer is Steve Hofmeyr!!!???”

7 Responses to Hercules, Sneeuwitjie en Don Juan

  1. TristonJ sê:

    Ek het ook vandag die email gekry… my gat af gelag!!

  2. Ek het dit al iewers anders genoem, maar kan nie onthou waar nie. Wie dink hierdie goed uit?

  3. TristonJ sê:

    lol… daar by my Louw

  4. boendoe sê:

    Arme Stevie. Gaan hy oor die ene kom?

  5. Skoor sê:

    Steve Rofryer
    Steekvlieg Hofmeyr
    Steve Hofnar

    Ai, die ou het darem ‘n lekker lat vir sy eie gat gepluk. ‘n Toe gulp is ‘n heel naam, of so iets…

  6. Da Mario sê:

    Louw… ek wonder ook baie keer wie hierdie tipe van goed uitdink! Maar dit bly darem MOER snaaks!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s