My boyfriend se been

Skaam

Liewe Dr Roof

Ek is 15 jaar oud en sit graag my hand op my boyfriend se been in die bus. Ons ry elke dag saam in die bus. Iemand het dit nou die dag gesien en gesê ons gaan kak as die onnies uitvind. Hoe nou? Is dit dan verkeerd?

Baie ongelukkig
Sannie

——————————————-
Liewe Sannie

Bly weg van jou boyfriend se been. Dit is taboe, onheilig en vreeslike sonde. Nee magtig man, wat word van julle kinders deesdae? Toe ek 15 was het ons met ons fietse in die spruitjie gaan ry, mense se vensters met eiers gegooi, kaalgat onder die maanlig rondgehardloop en skelm gerook. Maar been vashou! Genade ons. Dis onwettig!

Maar ek verstaan jou probleem.. Enige kind het behoefte aan liggaamlike kontak. In die goeie ou dae was dit glad nie ‘n probleem nie. Lyfstraf was nog wettig, en ons het gereeld liggaamlike kontak op ons boude gehad. Toe vat die bliksems lyfstraf weg. Ek dink dit het die persoonlike kontak net vanaf skool na huis verskuif. Maar toe word dié ook onwettig. Nou wat maak mens nou? Die onnies mag nie meer aan jou vat nie, jou ouers mag nie meer aan jou vat nie. Maar vat sal daar gevat word. So nou soek jy dit op iemand se been?

Hou moed. Ander dag more is jy 16, dan kan jy sy been, sy hand, en ander dinge vashou. Maar nie nou al nie. Het jou ma hulle nooit vir jou geleer hoe vry werk nie? Ai tog. Ouers van vandag leer nie meer hulle kinder nie. Kom ek vertel jou.

• Voor 7 bad jy saam met seuntjies
• Op 8 gril jy vir seuntjies
• Op 9 gril seuntjies vir jou
• Op 10 giggel jy vir seuntjies
• Op 11 giggel seuntjies vir jou
• Op 12 giggel julle vir mekaar
• Op 13 droom julle van mekaar
• Op 14 sit julle langs mekaar
• Op 15 maak julle oogkontak
• Op 16 naai julle
• Op 17 soen julle
• Op 18 hou julle hande vas
• Na 18 maak jy wat jy wil. Of jy trou, of jy slaap rond, of jy begin sing en doen albei, soos Oom Steve

So wag tot jy 16 is, asb. Tot dan toe, wees geduldig en rook eerder.

Hoop dit help jou

Die uwe
Dr Roof

11 Responses to My boyfriend se been

  1. sonkind sê:

    😆

    Ai, Louw, ten minste sorg jy vir ‘n lag vir die dag!

    Dankie!

  2. Krista sê:

    Hehehehehe!

  3. Dellie sê:

    Whahaha!😆 Jy het iets vergeet!

    Op 12 mag jy ‘n aborsie ondergaan sonder jou ouers se toestemming!😯 Maar moet tog asseblief net nie rook nie…

  4. karoles sê:

    Dis ‘n goeie ene!!!!!!!! Het nou lekker gelag

  5. Koeksuster sê:

    Wat het jy nou weer gese van 14, my seun is 14….

    Ek het nou baie lekker gelag. Dankie daarvoor.

  6. Skoor sê:

    Ek het dit nou eers gecut en gepaste en vir almal gestuur wat ek ken, want dit was maar ‘n droewige week wat die humor betref.

    Maar trust jou Twakkie om mens ‘n smile te gee, ne!

  7. rightsaidreverend sê:

    Ek het die ding ook nou eers die wêreld rondgestuur. Moes eers seker maak ek het nie per ongeluk ‘n lidmaat se adres bygevoeg nie.

  8. Platkuif sê:

    baie funny…baie waar…en sad ;-(
    dinge is nie meer dieselfde nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s