Wie spot met Noag?

NoahNa aanleiding van ‘n inskrywing wat ek op iemand se blog gelees het (alleman: Afrikatekens en ‘Oorwin plaasaanvalle’), het iets waaroor ek ‘n ruk terug gewonder het, maar nooit die antwoord gekry het nie, weer sy kop voor my ogies uitgesteek.

Alleman haal aan vanaf die mense se webblad….

“….Wanneer jy met hierdie dinge die spot wil dryf, hou tog net in gedagte wat met die spotters van Noag, Josef, Moses, Jakob, Elisa en soveel ander gebeur het….”

Dis die eerste keer wat ek van hierdie boek hoor, so ek het absoluut geen kommentaar daaroor nie. Ek gaan ook nie vir alleman aanvat omdat hy die boek kritiseer voordat hy dit gelees het nie. Hy het mos nou verduidelik hoekom hy sê wat hy sê.

Die ding wat my laat wonder is die stuk wat noem dat daar met Noag gespot is. So is ons geleer in kinderkrans, so is ons geleer in Sondagskool. Daar was selfs liedjies daaroor, en elke animasie van Noag het dit gewys. Maar net presies waar kom die mense daaraan? Ek is een van daai mense wat die Bybel glo. Is ek is doodeenvoudig baie dom? Kan iemand wat bietjie slimmer is tog net vir my wys waar dit in die Bybel staan?

~ Louw de Twak

17 Responses to Wie spot met Noag?

  1. Roer sê:

    Twakkie, ek’s nou nie ‘n ds nie en praat onder korreksie, maar Noag het vir +- 120 jaar vir mense waarmee hy in aanraking gekom gepreek en gewaarsku en dis die einste mense wat met hom gespot het. So ver ek kan onthou het Moses die storie van Noag neer gepen. Die blog dominee’s sal jou met hierdie een moet help. Ds Thumbsucker of ds Attie of ds Rightsaidrev. Anybody?

    ns Jy sal dalk The New Evidence Demands a Verdict geniet deur Josh McDowell. Dis hopeloos te lywig vir my…

  2. attie sê:

    Die storie oor die mense wat Noag gespot het, lei by my ook ‘n klokkie, maar ek kry nie iets daarvan nie. Al wat ek raak lees is dat die mense soos gewoonlik geëet en gedrink het terwyl Noag in alle erns sy ark gebou het. Dalk kan iemand anders jou help.

  3. machiel sê:

    Ek het nie nou die Bybel onder my arm nie, so ek weet nie presies hoe dit staan nie, maar hy was ‘n keer dronk en het kaal in sy tent gelê. Miskien het Gam (sy seun) met hom gespot? Die ander twee seuns het hom toegegooi en toe hy wakker word het hy Gam vervloek oor wat hy hom aangedoen het.

    Terwyl hy die ark gebou het, was hy verseker ook ‘n objek om mee te spot… Ek moet weer bietjie daai stuk gaan lees.

  4. Die punt wat ek probeer maak is, mense glo in wat hulle weet. Maar hulle weet nie altyd wat hulle glo nie. Ek praat nie net van geloof nie. Ek praat van in die algemeen. Dit geld vir dinge wat hulle op die nuus hoor en dinge wat jy in skool geleer word. Ek mag verkeerd wees, maar nêrens staan daar dat mense enigsins met Noag gespot het nie. Maar tog is dit wat meeste mense glo omdat hulle dit “weet”.

    Hoeveel ander soortgelyke dinge is daar nie? Hierdie dinge is seker nie baie belangrik nie. Maar dit laat mens maar net wonder….

  5. machiel sê:

    Dis ‘n baie interessante een hierdie. Ek het spesiaal gisteraand die Bybel bietjie afgestof en in Genesis gaan rondkrap op soek na die mense wat met Noag gespot het (ek het dit ook geglo), maar voorwaar, geen woord nie! Ook by die dronk deel, ek dog ek gaan “slim” wees en jou corner met dáár spot hulle met Noag, maar ook daar geen woord van ‘n spottery met die man nie…

    ‘n Goeie punt wat jy hier maak!

  6. Hoe het Noag al 1,7 miljoen spesies op Aarde op daai boot gekry? Of, laat ek dit makliker maak… hoe het hy so net oor die 5 000 soogdierspesies op die boot gekry?

    Behalwe om die lot kos te gee…. Was hy dus die eerste persoon wat om die Aarde gereis het: Noordpool toe vir die ysbere, suidpool toe vir die pikkewyne, Australasië toe vir die buideldiere en Madagaskar toe vir die lemurs. Dan weer suid-oos Asië toe vir die oerang-oetangs en so kan mens aangaan. En diep in Afrika se woude vir die gorillas en sjimpansees.

    En moenie vergeet nie…. hy moes al die pad weer terug om hulle weer af te laai, want baie van die diere is eers “ontdek” in die Victoriaanse era.

    Of spot ek nou met Noag?

  7. rosalindfranklin: Of spot ek nou met Noag?

    Nee wat, ek dink nie jy spot met Noag nie. Ek dink jy spot met jouself…….

  8. rightsaidreverend sê:

    En wat van die koalabeertjies? Hulle is maar lui wettertjies. Maar sê nou maar net hulle het wel besluit om aan te kruie op die lang pad ark toe, waar sou hulle padkos gekry het? Hulle eet mos net eucalyptus wat endemies is aan Australië.

  9. net so terloops: die ark was groot, moer groot, so daar was inderdaad plek vir al die soorte diere (nie noodwendig spesies nie, soorte).

    Maar die ding beweeg nou heeltemal van die punt af……..so ek gaan stop. Debatte oor vreemde verskynsels soos Michael Jackson en evolusie, ontaard altyd in ‘n belaglike sirkus.

  10. Moer groot? Dit was 450 voet (nie meter nie) lank, 75 voet wyd en 45 voet hoog. Met drie vlakke van 15 voet hoof elk. En dit is nie ek wat so sê nie, dit is die Bybel.

    Nie baie plek vir soorte (soos jy dit noem nie) of spesies nie. Dit het niks met evolusie te doen nie, dit met met logiese praktikaliteite te doen.

  11. uhm. Shitto. 450 voet is omtrent 135 meter. 45 voet is omtrent 22 meter.

    Dit beteken die ark was ‘n drie verdieping dingetjie van 135m x 22m. Wel, volgens my standaarde is dit nogal groot. Moer groot. Jy is seker gewoond aan groter. As mens in ag neem dat dit die logiese ding sou wees om baba diere te laai, in plaas van die bielies, dink ek daar was oorgenoeg plek. Die vraag is, wat het hulle met al die spasie wat oorbly gedoen?

  12. Presies hoe groot die ark ook was of kon wees, sodra jy daaroor dink maak dit nie meer sin nie. Beter om nie daaroor te dink nie, dan bly dit sin maak.

    Maar die spottery met Noag is ‘n interessante onderwerp. Na die vloed het Noag ‘n wingerd geplant (soos mens maar doen), en dit was nie lank voor hy aangeklam en sonder klere in sy tent lê en slaap het nie. Sy seun Gam het ingekom en, volgens die Kinderbybel weergawe van die verhaal, vir hom gelag. Gam is swaar gestraf vir hierdie stuitigheid, veel swaarder as wat mens sou verwag vir so ‘n oortreding. Een van die teologiese verduidelikings van die situasie is dat Gam baie meer gedoen het as net gelag het vir Noag, en dat dit iets was waarvoor mens nog steeds kan tronk toe gaan in ‘n handvol Amerikaanse state. Noag het ook wakker geword en geweet wat Gam aan hom gedoen het, en behalwe as Gam se lag tandmerke los was dit meer as net gelag.

    ‘n Vroeë uitgawe van die Talmud sê: “Three copulated in the ark, and they were all punished — the dog, the raven, and Ham.” Gam het “sy vader se naaktheid gesien” volgens die 1953 Afrikaanse vertaling, en “gesien sy pa is kaal” volgens die 1983 vertaling. Volgens Levitikus, “as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot”. In die Pentateug is die oorspronklike bewoording selfs minder dubbelsinnig. Gam het ‘n baie, baie stoute ding gedoen.

    Natuurlik, dit kan wees dat mens die Bybel as metafoor en simboliek moet lees, glad nie letterlik nie, maar dis vir mense om self te besluit.

  13. Anton, ek hoor wat jy sê, maar ek dink jy misverstaan my. Ek praat van die spottery TYDENS die bou van die ark. Niks van na die tyd nie. Meeste mense glo dat die mense met Noag gespot het terwyl hy die ark gebou het.

    Wie het daai liedjie se woorde?

  14. Celéste sê:

    Het jy al agtergekom dat hulle nêrens in die Bybel die naam van Noag se vrou noem nie. Sy staan net bekend as “Noag se vrou”. Ek wonder hoekom?

    • Celeste, nou se jy vir ons hoekom, dat ons nie dieselfde fout maak as jy nie.

      • Ek self wonder egter nie, want ek lees my Bybel binne die grenslyne van God se Wet in Deut 23:2-3, Sy Gebod, en Sy beloftes aan Abraham, Isak en Jakob – dan hoef mens nooit te wonder nie. As jy dus die Bybel lees buite die grenslyne van Sy wet, dan wil jy mos Sy wet oortree.

  15. Da Mario sê:

    Celeste, dalk was sy lelik. So lelik in fact dat niemand haar naam wou onthou nie?😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s