Patronage

CustomerEen van my voornemens vir hierdie jaar, is om bietjie meer oplettend te wees. Net ‘n bietjie. Dit voel gewoonlik of ek toe oë deur die lewe loop, maar ek ken ook die angs van met te groot oë deur die lewe loop. Sommige goed is beter om nie gesien te word nie. Goeters soos snot in iemand by die werk se neus.

By die garage (dis nou die plek waar mens ‘n appel-en-‘n-ui se petrol koop vir ‘n been-en-‘n arm), sien ek die ding teen die venter: “Thank you for patronage”.

Wat de hel? Wat van “Thanks for shopping here”, of “Come again dude!”. Nee, dit moet hogere ingels wees. “Thank you for your patronage”.

Patronage: Patronage refers to the support or sponsorship of a patron (wealthy or influential guardian). Patronage is used, for instance, to make appointments to government jobs, promotions, contracts for work, etc. …

Wat probeer hulle sê?

~Louw de Twak 

5 Responses to Patronage

  1. Dellie sê:

    Hehe! Ek gaan onmiddelik my rympie verander na “Come again, Dude!” 😆

  2. Jaco sê:

    Wel dan is dit mos waar? Jy moet ‘n patron (wealthy or influential guardian) wees om deesdae jou tenk vol brandstof te kan maak.

    Miskien het die garage eienaar ‘n sin vir humor?

  3. Skoor sê:

    Hulle krap ons gatte net verder!

    Eerstens moet jy dit uitspel as jy stop vir brandstof: ‘please, nine oh rands of Lead Replacement. Yes, nine zero rands. No, not unleaded. Lead Replacement. That one.’

    Dan gee jy die R100 noot, en wag vir jou R10. En wag. Want die bliksem dink jy tip hom R10. En jy beduie, en hy kom aangehardloop. Jy’t hom nou vir ‘n gat gevat, hier’s jou bleddie R10, get lost.

    So nou is jy betreklik verontwaardig, en wonder waar hulle ewe skielik aan die idee gekom het dat hulle getip moet word.

    En jy kyk op, en kyk vas in THANK YOU FOR YOUR PATRONAGE. En jy is sommer lelik de moer in oor die afwesigheid van Afrikaans, en jy’t nie ‘n clue wat patronage beteken nie.

    Nou moet jy verdomp vanaand uit die bed opstaan na die woordeboek, want net voor ligte-uit, gaan die patronage woord weer jou brein inhop…

  4. boendoe sê:

    Julle klomp bitterappels! 😀

  5. My eerste besoek hier. Nice blog.

    Skoor: Het jou kommentaar geniet. Baie oulik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s