Gal braak

Debat

Ek wil ook gal braak. Lyk my dis mode! As dit nie Deon Maas is nie, is dit Christelike SMS veldtogte. Almal het ‘n eier te lê.

Die een dinge wat meeste mense (in my nederige opinie) nie verstaan nie, is dat bitter mense van hulle standpunt verander tydens ‘n debat, argument, of gal braak sessie. Daar bestaan iets soos hardkoppige trots. Maar almal wil graag ‘n laaste steek inkry. Of hoe?

Vir die SMS veldtog ondersteuners:

My moer. Weet wat dit behels voor jy forward. Moenie ‘n skaap wees nie! Eintlik, moet niks kak forward nie. Jy maak jou naam gat en misbruik Godsdiens vir jou eie dwaasheid.

Vir die SMS veldtog teenstanders:

Wat is die issue? Laat dit vaar. Ek is seker daar is honderde SMS veldtogte en ketting briewe. Hoekom die besonderse aandag op Christene? Hoekom word ALLE Christene skielik onder dieselfde kam geskeer? Hoekom maak julle sulke gewaagde veralgemenings? Ek is ‘n Christen, maar is nie skuldig aan een van julle beskuldigings nie. Is dit regverdig as ek alle tandartse as pedofiele brandmerk omdat daar wel pedofiel tandartse bestaan? Liewe magtig…..

Almal wat Deon Maas beskuldig het dat hy sensasie soek. En almal wat vir hom opgekom het. Het julle nie maar ook vir sensasie gesoek nie?

Orals kom mens op dieselfde flippen argumente af. Net anders gestel. Vir ‘n ruk is dit…interessant…en daarna afgesaag, holrug gery, onoorspronklik.

Sorry. Maar ek is nie in ‘n besonderse goeie bui nie. More is ek weer lus vir fudge roomys en fireballs. Of nie.

Louw de Twak 

9 Responses to Gal braak

  1. skoor sê:

    Loutjie, net vanoggend kry ek weer hierdie ‘tracking mail’ van Microsoft wat X bedrag in jou rekening gaan deponeer as jy dit aanstuur en die volgende ou stuur dit aan ens. ens. My moer raak so suur vir sulke oningeligde stommerikke wat sulke mails forward. Kyk mooi, oor 2 dae het jy spam en shit op jou comp en in jou inbox, en dan wonder jy hoe het dit gebeur…

    Ek se jou, as ek ‘n werknemer by die selfoonmaatskappy was, en geld kon direk in MY sak kom, het ek elke dag ‘n ketting sms begin. Mense raak so opgesweep vir ‘n sms met inligting oor ‘n verlamde kind, of God wat gelaster word, dit is soos ‘n flippen veldbrand. Ka-ching, daar gaan jou geld, poepol! Dit kos geld, en die selfoon mpy kan smaail want hulle bonusse is VET, en hulle kan borg en adverteer asof daar nie ‘n more is nie!

    Fudge roomys sal flippen lekker wees vanoggend. Fireballs is te damn ongemaklik om in die openbaar te sit en ‘afwerk’, ek dink ek moet jou join vir die roomys!

  2. Helloooooooooooooooo!!!

    Dankiefokkentog dat jy nou vandag sê wat ek net nie lus of krag het om oor te k@k en kerm nie….

    Ek stem 200000% met jou saam! En … dis nie iets wat te gereeld gebeur nie! HEHE!

    Nice posttttttttttttt!!!

    Skoor… jy praat net so waar!

    En… ROOMYSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSS!!! Seblief??

  3. Skoor sê:

    Loutjie, ek verander nou amptelik my lus van vroeger vanoggend vir fudge roomys, na:

    Skaapvleis – soos my ouma kon
    Aartappels – saam met die skaapvleis gaargemaak
    Rys – vars en flatervry (of is dit Bokomo se leuse)
    Heerlike sappige waterblommetjie bredie wat bitter lank op die koolstoof gestaan en prut het. Waterblommetjies wat ek self gistermiddag in die yskoue rivierpoele gaan pluk het.

    Shit, that beats roomys, of hoe. Platt, jy in?

  4. Ek het nou net geeet. So ek is lus vir niks nie.

    Ek lieg. ‘n Yskoue bier sal nou lekker wees.

  5. Skoor……………. gee adres, ek’s oppad!!!!!

  6. sonkind sê:

    Louw, ek join jou vir daai bier! En Amen op wat jy gesê het. Live and let live!

  7. bosveldbitch sê:

    Sms-stuurdery is n absolute euwel. Ek het dit gewaag om vandag aan almal wat ALWEER vir Maas wil laat fire oor iets wat hy op RSG oor die fliek gese het, terug te skryf dat die Golden Compass nie anti-Christelik is nie. Hoop hulle is nou so moerig dat hulle nooit weer hul kak vir my stuur nie.

  8. Roer sê:

    Oral waar jy op die blog we^reld gegaan het, het al wat ‘n outjie / vroutjie is op die se^-die-Christen-sleg bandwagon gespring en ek wed jou helfte van hulle het ook die smsse gestuur. Dit was maar net tyd om die ander kant ook te stel. Ek’s ‘n sucker vir die underdog.😉 (Wat’s fireballs?)

  9. skoorblok sê:

    Nee Roer, jy weet nie wat FIREBALLS is nie? Toe ek ‘n kinders was, was dit die ‘in’ sweet, soos Wilson toffies voor dit.

    Proe soos AFTER SHOCK (drank), cinamon en chilli wat die hel uit jou uitbrand. Soos ‘n niggerball, het dit sulke lae van geur – as jy m**r toe gebrand is, kry jy so ‘n yskoue lawende lagie, voor die volgende chilli streep jou weer pak.

    Jy kry dit nou nog in keffies, kyk mooi, vra sommer daarvoor – eet dit net tuis, want soos ek seg, dit is groot om in die openbaar af te werk!

    Platt, ouma is nie meer nie, maar ek het ‘n pak waterblomme in die vrieskas, en ek kan probeer om ‘n skaapvleisie so te geur, maar my ma het die spesifieke pot waaruit die tower kos gekom het, op ons karoo plaas, so ons sal maar met my swartboom pot die truuk moet probeer. Laat maar weet as die hongerpyne weer te veel knaag…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s