Intelligensie hang af

Stupid

Blykbaar is daar ‘n paar algemene verskille tussen mans en vrouens. Meeste staan uit, maar daar is miskien ‘n paar wat minder opvallend is.

Oor die algemeen is vrouens beter met kosmaak as mans. Is dit ‘n aanleg? Of maar net omdat dit van hulle verwag word? Druk van die samelewing. Want ek ken ‘n paar mans wat kan toor met kos. Dit hang alles af….

Oor die algemeen weet ‘n man meer van motors as ‘n vrou. Is dit aanleg, of maar net omdat dit verwag word. Want ek ken…..ok en ken nie sulke vrouens nie, maar ek weet daar is. Ek self weet bitter min van ‘n kar se derms. Dit hang alles af….

Oor die algemeen is mans minder emosioneel. Omdat die natuur ‘n balans het om te handhaaf, maak die vrou op daarvoor. Oor die algemeen is mans (fisies) sterker as vrouens. Maar vir elke tingerige mannetjie is daar ‘n stewige soustannie. Vir elke vrou van min woorde is daar ‘n babbelbek man. Dit hang alles af…..

Eintlik weet ek maar bitter min van hierdie dinge. Maar waarby ek eintlik wil uitkom, is ‘n telefoon gesprek met ‘n vriendin ‘n paar dae terug.

Ietsie soos:

Sy: bla bla bla bla goed en jy?

Ek: bla bla bla bla bla werk werk bla bla deadlines.

Sy: bla bla bla vakansie bla bla Kersfees?

Ek: bla bla tuis bla bla geld!

Sy: BLA BLA geld?!

‘n gesprek oor geldsake, kontrakte en hoekom haar man (my vriend) en ek blykbaar beter daarmee is as vrouens oor die algemeen.

……..

Ek: bla bla bla wat maak ons anders as julle? (vrouens)

Sy: Daardie ding wat tussen julle bene hang.

Ek: ?????

Sy: !!!!!!

Ek: oooooh! So intelligensie hang af!

Sy: O shit!

As intelligensie afhang, beteken dit ‘n man raak dom as hy………..opgewonde raak?

Louw de Twak

11 Responses to Intelligensie hang af

  1. Hehehe!!!!

    HET ‘n man iets soos ‘intelligensie’???

    Oor die ‘geld skuld’… k@k spat… ek LAAT dit doen! 🙂

    I r sweet and innocent!!!

  2. DML sê:

    En ou tannies?

  3. Hey DML… ou ‘tannies’ soos ek… wel ja!!!! *wicked grin*

    IrCuTeAnDsWeEtAnDiRoCk!!!!!

  4. Peter sê:

    ou tannies? So vrouens raak slimmer hoe ouer hulle raak…en mans al dommer.

  5. DML sê:

    Wel, as die intelligensie pas, laat dit hang!!

  6. wat de donder beteken IrCuTeAnDsWeEtAnDiRoCk??????

    So mans met groot voete is baie slim! En vrouens se IK word gemeet in….cupsize?

  7. Dan’s ek …. geniaal!!! 🙂

    i r cute and sweet and i rock … moes bygevoeg het…. EN DONNERS OULIK OOK! En intelligent en en en en!

    EN……… verveeld!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  8. DML sê:

    Jammer om te lees jy het klein voete!

  9. Hulle vertel mos mens KAN sizes ‘weet’ deur handgroottes… voetgroottes… en en en!

    Dink ek moet begin ‘sizes’ inwin!!!

  10. Bertus! sê:

    Mans verskil ook van mans. Vroue verskil ook van vroue. Party mans verskil meer van mans as wat hulle van vroue verskil. Party vroue verskil meer van vroue as wat hulle van mans verskil. Dalk is die meeste vroue eintlik soos mans en die meeste mans eintlik soos vroue, in welke geval die meeste vroue mannetjiesagtig en die meeste mans vrouagtig is. Dalk verskil vroue glad nie van mans nie, maar is die meeste vroue net nie regtig soos vroue nie en daarom lyk dit asof hulle anders as mans is, want mans is eintlik soos vroue.

  11. Dellie sê:

    Julle confuse my!

    As mans opgewonde raak, JA, dan raak hulle dom… of issit eintlik andersom?😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s