To tag, or not to tag….

Eendag lank lank gelede, toe mense nog vrugte gesteel het en meeste se oupas op plase gebly het en daar nog ‘n verskil was tussen jags en skiets, toe het niemand die volgende gewonder nie “Is a king rules a kingdom, and a monarch rules a monarchy, who rules a country?”

1. Oor die algemeen is ek iemand met baie geduld. Behalwe November maande. Dan verloor ek my humeur bitter vinnig vir die volgende:

* Mense wat 80 km/h in die middelste baan op die snelweg voort ploeter
* Mense wat aspris dom is
* Winkelsentrums / Skaapsentrums
* Mense wat ongeduldig raak met my
* Mense wat ongeduldig raak omdat ek ongeduldig raak omdat hulle ongeduldig raak

2. My gunsteling bier is Amstel, my gunsteling whisky is in my maag, en rooiwyn vlek my tande.

3. Ek dink mense glo in wat hulle weet, maar weet nie wat hulle glo nie.

4. Ek het nog al my ledemate, derms (blind of siende) en tande (maal, sny en verstand). Geen stopstels. Ek het nog geen kindersiektes gehad nie. Toe ek klein was moes ek by die maats gaan speel wat waterpokkies gehad het, sodat ek dit ook kon kry. Nie gewerk nie.

5. Ek het verlede jaar die Argus fiets thingy met ‘n babelas gaan ry. Hierdie jaar het ek die 94.7 cycle challenge gaan ry sonder suntan lotion. Dit was dom. Volgende jaar gaan ek ophou rook…

6. Ons is drie kinders. My suster bly in die bos. My broer is die besigheidsman. Ek is blykbaar net verlangse familie van my ma….

7. Ek hou van ou musiek en musicals. Maar ek hou ook van nuwe musiek en drama-chick-flick-kom-ons-pik-‘n-traan-saam-met-die-girl movies. As ek moeg is, hou ek van skop-skiet-en-donder flieks. Eintlik hou ek van enige musiek en flieks, solank dit nie kak nie nie.

8. Tot onlangs was ek vrek bang om toesprake voor mense te gee. Toe sluit ek aan by ‘n klub wat die dinge vir jou leer. Ek is nog steeds vrek bang, ek steek dit net beter weg.

10 Responses to To tag, or not to tag….

  1. skoor het my ge”tag”. Beteken dit nou ek moet iemand anders tag?

  2. OK…. nou MOET jy ook tag!!!

    Net so by the ay… for some unknown reason het ek jou vandag eers per ongeluk of per toeval ‘raakgelees’!

    En fokkit…. ek’s impressed! HEHE!!!

    Hier gaat ek nog baie ‘n draai kom loop… of gooi, of watookal!!!!!!

    I like a seriaaaaaaaaaaaaaaaaas like!!!!

  3. Dellie sê:

    Toemaar, more is November verby…

  4. Skoor sê:

    Sorry Dude, die DAME was besig om Blog te versier en te herrangskik, en het jou latest comment delete, nie voordat ek dit gelees het nie, en daarom nou hier vir jou persoonlik kom inlig dat dit nie aspris was nie.

    Jip, vrouens kan ook Landies ry, gras sny, lelik praat en vuurmaak. Maar ons sit as ons piepie… O, en ek verf soms my naels.

    smiles

    ns: tag speletjie rox, doen iemand dit aan!

  5. Skoor sê:

    Om so kinda aan te sluit by jou ‘country’ vraag:

    Die juffrou vra die klas om ‘n sin te maak met STATISTIEK…

    Gatiepie is nie links nie, en vlieg sommer eerste weg met sy sin.

    ‘Djuffrou, os’e hys is soe klyn, ma en pa moet statistiek…’

    My punt? Ek weetie. Miskien is ons ruler se statistieke almal wat al lankal gefire moes wees weens opF van die departemente waarin hulle heers. Minister van Gesondheid natuurlik voor op die wortel. Of is dit nou die beet…

  6. maar hoe nou? almal waarvan ek weet, is reeds ge”tag”…….

  7. Skoor sê:

    Laat vir Thabo weet hy’s getag… ek sweer hy gaan vir ‘n scan van skrik!

  8. mmm….ek wonder of hy actually ‘n blog het?

    ok. het hy ‘n blog?

  9. Roer sê:

    Hey! Ek sien jou by volgende jaar se Argus. Terloops, ek is ook mal oor ou flieks.

  10. sonkind sê:

    Jy kan altyd vir Helen Zille tag?!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s