To tag, or not to tag….

November 29, 2007

Eendag lank lank gelede, toe mense nog vrugte gesteel het en meeste se oupas op plase gebly het en daar nog ‘n verskil was tussen jags en skiets, toe het niemand die volgende gewonder nie “Is a king rules a kingdom, and a monarch rules a monarchy, who rules a country?”

1. Oor die algemeen is ek iemand met baie geduld. Behalwe November maande. Dan verloor ek my humeur bitter vinnig vir die volgende:

* Mense wat 80 km/h in die middelste baan op die snelweg voort ploeter
* Mense wat aspris dom is
* Winkelsentrums / Skaapsentrums
* Mense wat ongeduldig raak met my
* Mense wat ongeduldig raak omdat ek ongeduldig raak omdat hulle ongeduldig raak

2. My gunsteling bier is Amstel, my gunsteling whisky is in my maag, en rooiwyn vlek my tande.

3. Ek dink mense glo in wat hulle weet, maar weet nie wat hulle glo nie.

4. Ek het nog al my ledemate, derms (blind of siende) en tande (maal, sny en verstand). Geen stopstels. Ek het nog geen kindersiektes gehad nie. Toe ek klein was moes ek by die maats gaan speel wat waterpokkies gehad het, sodat ek dit ook kon kry. Nie gewerk nie.

5. Ek het verlede jaar die Argus fiets thingy met ‘n babelas gaan ry. Hierdie jaar het ek die 94.7 cycle challenge gaan ry sonder suntan lotion. Dit was dom. Volgende jaar gaan ek ophou rook…

6. Ons is drie kinders. My suster bly in die bos. My broer is die besigheidsman. Ek is blykbaar net verlangse familie van my ma….

7. Ek hou van ou musiek en musicals. Maar ek hou ook van nuwe musiek en drama-chick-flick-kom-ons-pik-‘n-traan-saam-met-die-girl movies. As ek moeg is, hou ek van skop-skiet-en-donder flieks. Eintlik hou ek van enige musiek en flieks, solank dit nie kak nie nie.

8. Tot onlangs was ek vrek bang om toesprake voor mense te gee. Toe sluit ek aan by ‘n klub wat die dinge vir jou leer. Ek is nog steeds vrek bang, ek steek dit net beter weg.

Advertisements