Suurgat

BabaDie meisie slaag matriek goed en haar bejaarde ouers van die plaas, skraap hulle laaste geld bymekaar om hulle begaafde dogter verder te laat studeer in wetenskappe aan die beste universiteit in Amerika. Drie jaar gaan verby toe sy weer eendag bel, met die nuus dat sy haar eerste graad geslaag het, en dat sy vir hulle die produk wat sy uitgevind het, gaan stuur uit dankbaarheid dat hulle hul laaste ou geldjies gegee het om haar te laat leer. As hulle elke week elkeen ‘n teelepel van die goed drink is hulle gewaarborg dat hulle gou-gou jonger sal wees, en met elke drinkslag daarna steeds jonger sal word. So gemaak so gedaan… en ‘n paar maande gaan verby en die dogter besluit om die vakansie huis toe te gaan aangesien sy baie verlang. Op die plaas aangekom, skrik sy amper om te sien hoe jonk en mooi haar ma geword het , daar waar sy die stoep vee.

Haar ma was skaars dertig, pragtig gebou en soos in die outyd, met die oulikste kleintjie op haar rug vasgebind “Hallo Ma!!” skree sy, “maar Ma het jonk geword! Waar is Pa?” “Anner storie daai” sê haar ma. “Die derde aand wat ons daai goed van jou drink , raak jou Pa toe so suurgat dat ek baie gouer as hy jonger geword het dat hy daai bottel gryp en hom heeltemal uitsuip!” ” Nou waar is Pa dan nou?” Ma: “Gmmmf! Hier sit die bliksem op my rug!!!”

4 Responses to Suurgat

  1. Roer sê:

    Ek soek ook daai potion.

  2. Skoor sê:

    Twakkie, op my blog is daar info oor die feit dat JY getag is…

  3. HET ek nou hierdie geniet! Kostelike storie!

  4. Marina sê:

    Lekker gelag!! Waar koop mens dit?:-)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s