Luiheid is die duiwel se vet kussing

LuiMens hoor altyd dat die Amerikaners oor die algemeen oorgewig is. Wel, Suid-Afrikaners is nie vêr agter nie. Lui is wragtig ‘n understatement.

Ek het dit die naweek weereens agtergekom. Mense ry vir 10 min rond in ‘n parkade om ‘n parkering naby ‘n ingang te kry, terwyl daar, 50m vêrder, 7 oop parkerings is. Dit beteken jy gaan ‘n volle 30 sekondes langer stap na jou kar toe! En dan het party mense die flippen vermetelheid om te staan en wag vir ‘n parkering om oop te gaan, terwyl hulle die mense agter hulle ophou. Om te toet help nie, want hierdie mense lei aan die “ek hoor niks, ek sien niks, en daarop is ek onsigbaar” sindroom.

Ek koop amper nooit McDonalds nie. Volgens my het daardie “kos” ‘n negatiewe voedingswaarde. Ek dink dit absorbeer enige vitamiene wat dalk nog in jou lyf was. Maar hel, partykeer as jy vrek haastig is en gou iets wil kou, kom die nar-gesig plekkie handig te pas. Dit vat my omtrent 5 minute om te stop, na die toonbank te stap ,my kos te bestel, die volle 20m terug te stap, en te ry. Maar nee, party mense sal vir flippen 30 minute in die drive through idle vir ‘n roomys, want dis te veel moeite om uit die kar te klim!

En dan wil ek nie eers praat oor die ATM-drive through nie. Doen jouself ‘n guns en hou die mense dop. Die vat omtrent 15 minute se heen en weer manoeuvre voordat die ATM binne bereik is. Goeie donder. Stop dan eerder voor die masjien, klim uit, trek jou geld, klim terug in en ry. Daar is mense wat kan bestuur wat vir jou wag…

Louw de Twak

2 Responses to Luiheid is die duiwel se vet kussing

  1. Bertus! sê:

    In my buurt is ‘n ou wat sy rolskaatse aantrek as hy met die hond gaan slaap. Dan hou hy net die leiband vas en laat die hond hom sleep. Ek het gedink dis nogal slim.

  2. ek het eenkeer met my hond aan ‘n leiaband gaan fietsry. ek het nie meer ‘n hond nie, maar wel ‘n nuwe fiets….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s