‘n Kort Handleiding vir selfoon eienaars

CellphoneJy het heelwaarskynlik ‘n selfoon. Almal het deesdae. Destyds was dit anders. Toe mag jy net ‘n selfoon besit as jy 21 was, met ‘n kredietkaart rekening of ‘n Edgars rekening. Nee, vandag het die tuinjong ‘n beter foon as jy….

Maar wat kies jy? Behalwe dat daar min of meer 45.6 soorte fone is om van te kies, moet jy nog jou selfoon diensverskaffer ook kies. En dis waar die pret begin!

Of jy kan pre-paid gaan, wat heel waarskynlik beteken dat jy een of ander tyd jou nommer gaan verloor. Dan is daar Vodacom, Cell C, MTN, Maagd aktief…

Maar dit bly maar bra boring. Hoekom kies jy nie ‘n selfoon verskaffer wat namens die outjies optree nie. Iemand soos Nashua, of Autopage, Virgin of so aan.

Maak seker om ‘n kontrak uit te neem. En as die kontrak verval, “upgrade” altyd jou foon na ‘n nuwe een, want dan is jy weer vas vir nog twee jaar. Ek meen, wie wil nou sonder enige hassles oorskuif na iemand anders?

Soms gebeur dit dat jou simkaart om een of ander rede geblok word. As jy ongelukkig is, kan die probleem vinnig opgelos word. Maar as jy slim was, en Autopage as jou diensverskaffer het, kan jy ‘n avontuurlustige 2 ure op die foon spandeer om hulle te probeer oortuig dat jy nog dieselfde simkaart in jou foon het as ‘n paar maande terug, al sê hulle stelsel anders. En dan, omdat niemand so lank wil stilsit nie, gee hulle jou die geleentheid om self na ‘n winkel te ry om jou simkaart vir ‘n nuwe een om te ruil. Selfs dit is ‘n lekker ondervinding, want die mense by die winkel wil graag die hele storie hoor, en ek is seker jy brand om vir nog ‘n uur te wag…

Maar hierdie ouens is pro-aktief. Hulle weet dat hierdie tyd van die jaar heeltemal te rustig is vir die gemiddelde man op straat. Ek meen, die feit dat jy al redelik gatvol vir funksies is, die feit dat jou werk agter is, die feit dat jy baie opkyk teen die aankomende vakansie, is net nie genoeg nie. Hulle sorg vir ure se pret. So as jy probeer bel, en ‘n opgeneemde stem aan die ander kant lig jou in dat jou kontrak ge”suspend” is, dat weet jy dat hulle spesiaal aan jou dink, en jou dag probeer opkikker. Al weet jy dat deesdae se “customer service” clueless is, doen jouself ‘n guns en bel in elk geval. Behalwe dat die persoon aan die ander kant sukkel om engels te praat, sorg hulle dat jou telefoonboekie 7 nuwe nommer bykry, met name van mense wat heel waarskynlik nie bestaan nie. Hierdie is amper so lekker soos 20 Questions, waar elke oproep jou bietjie nader bring aan die oplossing, maar nie te veel nie. Gewoonlik sal hulle terugkom na jou toe, maar dit gebeur nooit nie. Lekker maats. Dis nog steeds pret om te wag vir ‘n verbeeldings oproep. Ag wat, as jy nou regtig moeg raak vir hierdie skattejag speletjie, wees dan maar ‘n spoilsport, klim in jou kar, en ry deur na die hoofkantoor. Want glo my, dis die moeite werd! Hulle het baie mooi toonbanke en versierings vir nuwe kliënte. Maar dis nie wat jy wil hê nie! Dis baie lekkerder om iewers daar agter, in ‘n klein hokkie met stukkende plafonne en ‘n rekenaar wat af is te gaan sit. Die spesiale plekkie vir almal met klagtes. Hierdie ouens dink regtig vooruit! Hulle weet dat mens vandag nie meer tyd kry vir boeke lees nie, so vat een saam. Daar is baie tyd terwyl jy wag vir die outjie wat net gou jou inligting gaan aftrek van ‘n rekenaar wat wel aan is.

Ag dan kom alle pret tot ‘n einde. Hulle is ook seker moeg vir die speletjies, want uiteindelik erken hulle dis hulle probleem. Alles sal weer reg wees binne ‘n halfuur. En as jy slim is, dan weet jy dat ‘n halfuur eintlik 8 ure beteken.

Ek hoop regtig dit gebeur gou weer. Ek haat ‘n dag wat reg verloop. Dis boring.

Louw de Twak

6 Responses to ‘n Kort Handleiding vir selfoon eienaars

  1. Jaco sê:

    Aag vat my saam toe? My dae is heeltemal te rustig, ek wil ook pret hê soos jy.

  2. sonkind sê:

    Maak sso wat ek met Telkom gemaak het. Dreig om jouself aan een van die hokkies vas te ketting en op ‘n hongerstaking te gaan as hulle nie DADELIK die probleem uitsorteer nie. Glo my, dit het gewerk. Ek het mense nog nooit so vinnig sien reageer nie!😈

  3. Ja maar wat kos so ‘n ketting? Nog uitgawes!

  4. Skoor sê:

    Hallo meneer de Twak

    Ek stel voor jy wend jou tot hierdie uiters effektiewe webwerf, waar jy jou griewe kan lug, en die betrokke maatskappy in ‘n nog meer openbare domain, skaam kan maak.

    Ek het. En dit het gewerk. So goed, ek het sommer besluit om NOOIT weer ACER produkte te verkoop nie, en dit vir almal te vertel wat wil hoor. Ek het selfs links daar op my blog gevind van mense wat die produk wou koop….

    Die pen is magtiger as die swaard, maar soms voel ek ‘n rocket up an arse would do some good aswell!

    http://www.hellopeter.com – jy sal nie teleurgesteld wees nie

  5. Skoor sê:

    ekskuus – ek vervang hiermee die woord ‘ verkoop ‘ na ‘ koop ‘! (wat gaan in my kop aan……)

  6. Hallo Skoor

    En het gaan kyk na daai website. Uitstekend! Ek gaan hierdie kêreltjies van nou af dophou met die oë van ‘n super valk. Net een voet verkeerd…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s