Harry Potter en sy Bose Stokkie

Harry Potter‘n Paar maande terug het die laaste Harry Potter sy verskyning gemaak. En soos gewoonlik het dit ‘n stormloop veroorsaak en die wêreld het vir ‘n paar dae stilgestaan soos mense soos verslaafdes aan die lees geraak het. Ek wonder of kriminele kan lees? Want ek is seker dit sou ‘n drastiese invloed op misdaad gehad het. Ek wonder….Ek was bietjie stadig. Ek het die ou boekie eers ‘n paar weke gelede aangeskaf en gelees. En toe ek klaar was, het ek so vir interessantheid die internet beklim om uit te vind wat die ander mede-aanhangers te sê het. En tot my skok kom ek toe agter dat ek ‘n vervloekte, bose, okkulte aanhanger is wat so gou as moontlik iemand moet gaan sien om die demone uit my brose en misbruike liggaam uit te dryf. Goeie donder! Daar is so baie anti-Harry artikels dat ek summier my boek in die yskas gaan sit het, en toe onder my bed probeer wegkruip vir wat ook al my gaan tref…..nie regtig nie.

Dit is glad nie my intensie om hierdie mense af te skiet nie. Ek skat daar is twee manier hoe na die probleem te kyk.

Aan die een kant….

Harry Potter praat towery goed. Die helde is towenaars en hekse, wat volgens die Bybel, verkeerd is. Kinders wat nog nie mooi kan onderskei tussen sulke dinge nie, mag dalk net aangetrek word en betrokke raak by die okkulte. Daarom moet jy ook wegbly van die volgende:

  • The wizard of Oz
  • Lord of the Rings
  • Liewe Heksie
  • Eintlik enige fiksie boek waarin daar towenaars is.
  • Enige hygroman waar die leser betower word deur buite-egtelike seks.
  • Superman (saviour of the world)
  • Asterix en Obelix (die “potion” wat hulle drink mag dalk verwar word met dwelms)

Of aan die ander kant….

Dis ‘n blerrie storie! Ek het tot vandag toe nie enige begeerte gehad om betrokke te raak by die okkulte nie, of om koppies met my stokkie (altans ‘n stokkie) te laat sweef nie, en ek lees al van kleintyd af fantasy-fiction. Ek het nie kinders nie, maar ek verstaan mense is bekommerd, veral in vandag se tyd waar daar amper geen sensorskap meer bestaan nie. So as jy dink jou kind gaan beïnvloed word, moenie dat hy die boek lees nie! Maar moenie die boek afskiet nie. Ek sal nie toelaat dat my kinders “Silence of the Lambs” op 10-jarige ouderdom kyk nie, maar dit beteken nie dis ‘n bose fliek nie?

Aan al twee kante….

Wie is reg en wie is verkeerd? Ek weet nie. Die kritici het geldige punte, maar ook ‘n paar stellings wat die dam onder die eend uitruk. Ek weet net dat ek die boek geniet het, en dit my nie dryf tot heksery nie. Dit kan wees dat dit wel die geval is met jong kinders. Maar is die boek die wortel van die probleem? Of is dit dalk die manier hoe jy jou kind grootmaak? Maar wat weet ek nou….

Louw de Twak

2 Responses to Harry Potter en sy Bose Stokkie

  1. Sam sê:

    Louw ?

    Jy is heeltemal reg
    Net so ook dan kan ons nie ons kinners laat rooi kappie en die wolf laat lees nie want gaan hulle dink wolf is pagans wat klan praat

    die probleem met sekere Suid Afrikaners is hulle vat dinge te erg op…

    Ke het by vriende gehoor dat hulle kinder nie eers wou afrikaanse boeke lees voor HP nie nou lees hulle sommer engels ?

    wat kan nou so verkeerd wees met dit ons almal kak en kla dat ons kinder nie meer lees nie en wanner hulle iets kry wat hulle techologiese brein stimuleer dan kla ons

    Toe ek n kind was was scope taboe..as ek met een gevangw as was ek en my gat goed gemoer…deesdae kan jy net e-tv toe gaan na 9 in die aand en lekker sit en kaal vrouens kyk….. so die lewe verander ons moet maar net saam verander

    Groete
    Sam

  2. Sam…..

    Jou stelling “so die lewe verander ons moet maar net saam verander” is dalk so effe gewaagd. Daar is tog sekere dinge wat nie goed vir kinders is nie, al is dit die “in” ding. Nie alles wat aanvaar word is noodwendig goed en reg nie.

    En as jou kind die tipe is wat van ‘n dak gaan afspring as hy ‘n superman pakkie dra, omdat hy nou kamstig kan vlieg, dan moet hy definitief nie Harry Potter lees nie.

    Maar daar is ‘n lyn tussen “versigtig” en die dam onder die eend uitruk.

    Louw

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s