Vallende bome

Vallende boomAs ‘n boom in ‘n woud omval, en niemand is daar om dit te hoor nie, het die boom ‘n geluid gemaak?Hierdie is seker een van die oudste filosofiese raaisels wat bestaan. Daar is tot studies soos “subjective idealism”, wat dit ook al in Afrikaans is, wat beweer dat dinge net bestaan omdat ons dit waarneem. Volgens hierdie kêrels, sal die heelal nie bestaan as dit nie vir ons bewustheid daarvan was nie. En dan kry mens nog ‘n unieke spesie, genaamd student in wetenskap en filosofie, wat aande om redeneer met terminologie wat ek nie dink bedoel was om ooit gespel te word nie.

So maak die boompie ‘n ou klankie? Hel, het hy ooit geval? En as jy jou sokkies snuif, kan ons seker die dam onder die eend uitruk en vra: As niemand hierdie historiese oomblik gesien het nie, bestaan die boom ooit?

Logies, moet die boom daar wees. Maar hoe bewys mens dit? Ek meen, ek het altyd geglo dat diefstal erger is as onbetaalde TV lisensies, maar tot my skok agtergekom dat dit nie so is nie.

As die boom regtig nie daar is as mens dit nie kan sien nie, dan het die regering seker ‘n punt beet (of knoffel) as hulle soveel aandag skenk aan rook-wette, terwyl ‘n blinde oog op misdaad gedraai word. Aan die ander kant, gestel ons kan op ‘n manier bewys dat die boom wel bestaan, dan is daar ‘n klein kansie dat ‘n man, in die oë van ‘n vrou, nie altyd verkeerd is nie.

As mens in ag neem dat ek in die middel van ‘n geveg was met ‘n meisie omdat ek dit durf waag het om haar te glo toe sy sê dat “niks” fout is nie, terwyl die bure deur ‘n gewapende bende beroof is, is dit dalk moontlik dat sommige bome bestaan en sommige nie.

So my advies: Moenie jou oe toemaak as jy op ‘n boom afstorm nie. Afhangend van die laaste naamsverandering, mag jy dalk net die boom tref.

Louw de Twak

One Response to Vallende bome

  1. jong, ek dink daar is baie ouer vrae as daai een.

    die boomvragie is eintlik maar net ‘n eenvoudige ou begripsvragie nie, naamlik: wat beteken “geraas?”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s