Die Polisie is Kersfees Vader

PolisieEk is confused. Soms voel ek so as een of ander openbaring van orgasmiese proporsies na my kant toe geslinger word. Ek onthou nog die skok op my sisteem toe my ma my die dag meegedeel het dat die tande muis nie werklik bestaan nie. Ek kon vir 3 volle tandeknersende aande nie ‘n oog toemaak nie. Al hoekom ek uiteindelik ophou kners het, is die feit dat tande wat te veel kners vinniger uitval as nie-knersende tande. En aangesien geen blerrie muis my tande gaan kom haal nie, het ek hardkoppig besluit dat as hy nie my tande kan kry nie, niemand gaan nie.Die tweede selfmoord-neigende openbaring was toe ek uitvind dat Kersfees vader ook nie bestaan nie. Hoe vêr wil my ma my dryf? Maar op daardie stadium het ek verbasende insig en volwassenheid getoon vir iemand wat 16 jaar oud is. Ek het besef dat sommige dinge in hierdie wêreld geskep is vir die uitsluitlike doel om ons of besig te hou, of te vermaak, of albei. Ek het my selfmoord planne vir die opkomende Saterdag met groot selfbeheersing laat vaar, en besluit dat ek nou groot genoeg is om tevrede te wees met Superman en Hulk, en die res is sommer kinderstories. Dit was natuurlik baie makliker toe my ma my meedeel dat hulle ook nie in Kersfees vader glo nie, en heel waarskynlik nog nooit van die tande muis gehoor het nie, aangesien mense soos hulle nie sommer tande verloor nie.

En so het ek die pad gestap. Die pad wat my deur pyn en smart in die grootmens wêreld in gedwing het. En ek het vas geglo dat alle oëverblindery verby is, en dat dit wat ek weet en glo die waarheid, niks anders as die waarheid, en die volle waarheid is.

En toe slaan nog ‘n ontnugtering my op ‘n plek waar geen mens wil hê ‘n ontnugtering moet slaan nie. Veral nie mans met diep stemme nie. (ek het nie ‘n diep stem nie, maar ten minste kan mense op die foon hoor ek is ‘n man). Daar was blykbaar Donderdag ‘n seminaar op polisiëring in Pretoria. Volgens Temba Mathe is daar duidelik ‘n groot probleem met die feit dat die man op straat van die polisie verwag om misdaad namens hulle te bekamp.
(http://www.iafrica.com/news/sa/665839.htm )

My fok. Nog ‘n openbaring van epidermiese proporsies. En hier dog ek toe nou al die pad die polisie deel van die regering is, ingestel om die belastingbetaler, die man wat sy salaris betaal, te beskerm teen die stoute mannetjies wat nie die wet nakom nie. Volgens my mag die man op straat nie gereg in eie hande neem nie. Volgens my mag die man op straat nie inmeng met polisie besigheid nie. Volgens my is die polisie daar om misdaad te voorkom en te beveg. Altans, dit wat ek gedog het die konstitusie vir ons sê:

“The objects of the police service are to prevent, combat and investigate crime, to maintain public order, to protect and secure the inhabitants of the Republic and their property, and to uphold and enforce the law.”
~ http://www.saweb.co.za/constit/saconst11.html

So het ons genoeg polisie? Ja…en hier volg statistieke…en statistieke…en nog statistieke….die regering se nommer een antwoord op moeilike vrae. Destyds kon mens die polisie bel as die bure se snotkop kinders se drink partytjie buite beheer raak. Probeer dit vandag, en daar sal vir jou gesê word “Daar is nie iemand beskikbaar om sulke benullighede te hanteer nie.”. Oooo, dom ek. Ek dog daar is genoeg van julle. Neem eie inisiatief, en gaan bliksem die boggers, en daarna sal jy hoor “Jy mag nie gereg in eie hande neem nie, jy moes die polisie laat kom het”. Oooo!. Stupid ek. Volgens my kruppel logika, moet die polisie proporsioneel uitbrei soos benodig. Maar dis seker maar net ek.

Ai tog. Mens is nooit te oud om te leer nie. Wat is volgende? Gaan mens oor die vingers getik word as jy verwag dat die brandweer alewig moet kom brande blus?

Hierdie is inderdaad ‘n land waar geen burger een vervelige dag kan hê nie. Die regering sorg vir sy eie vermaaklikheid…..

Louw de Twak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s