Aardklop se sangstem

AardklopAardklop het my gesien. Aangenaam, maar met ‘n glimlag in die kies. Daar is die wat kan sing, die wat dink hulle kan sing. Die wat gaan om na die gesingery te luister, en die wat gaan om uit te vind of Aardklop se bier dieselfde proe as ander plekke sin. Nugter en dronk, oud en jonk. Hulle was legio. Ek was iewers tussen in. Half nugter en half jonk.Maar oor een ding wonder ek. As mens sing, sing jy. As jy praat, praat jy, en as jy lag, lag jy. Maar ek kon nie help om op te merk dat party van die kunstenaars skielik anders praat en lag as hulle ‘n mikrofoon in die hand het en voor ‘n gehoor staan nie. Hulle praat met so ‘n sangstem, en hulle probeer harmonieus giggel. Hoekom? Dis vir my vreemd. Mens kom dieselfde agter tydens ‘n onderhoud op die radio. Miskien is daar ‘n boek waarvan ek nie weet nie. ‘n Boek met die titel “Sing as jy praat en praat as jy sing in 9 maklike stappe”.Mens verlaat Potch met ‘n trotse gevoel. Trots om Afrikaans te wees.

Louw de Twak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s