Vir die hoesie in die kerk

SyrupOp ‘n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklilk Afrikaans is en
gedurende ‘n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die
predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende eredienste onderbreek word
deur gemeentelede se hoesbuie. Hy bespreek toe die probleem om ‘n oplossing
te vind met sy koster wat Engelssprekend is. Die koster gaan koop toe ‘n
groot bottel hoesstroop by die apteek.Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir die
persoon ‘n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna die
persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna leeg.

Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê
het dat hy later vir ‘n byna leë kerk moes preek. Die koster sê hy het net
vir hulle gesê, “For cough”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s