Wolf wolf! Jy het email!

Ek het onlangs ‘n email gekry wat lyk soos volg:

———————————

Easter egg Microsoft???

Open a new Word document and type exactly as follows (even with the coma) :

=rand (200,99)

Then press ENTER.

Wait for three seconds and look again…

Not even Microsoft people can explain this one!

——————————————

Interessante inligting. Of nie. Heel waarskynlik skadeloos, maar bedoel vir die skape daar buite wat alles glo wat deur email ontvang word. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Die instruksies werk as jy dit in Microsoft Word tik. Maar die deel wat sê: “Not even Microsoft people can explain this one!” is absolute stront!

http://support.microsoft.com/kb/212251

Die frase “The quick brown fox jumps over the lazy dog” is ‘n frase wat gekies is omdat dit elke letter in die alfabet bevat. Nog voorbeelde is:

“Woven silk pyjamas exchanged for blue quartz.”

“Adjusting quiver and bow, Zompyc killed the fox.”

Destyds is dit gebruik op tikmasjiene te toets. Deesdae word dit gebruik om rekenaar “fonts” te toets.
Vir ingeval jy gewonder het hoekom hierdie “skadelose” stukkie stront my so pla, skat ek ‘n verduideliking is gepas.
Vir solank as wat ek kan onthou, word mens aanmekaar gebombardeer met emails wat speel op jou gevoelens en IK tekort. Miskien sit ‘n paar ouens om ‘n vuur en drink ‘n paar biere, en besluit dan om ‘n weddenskap aan te gaan oor wie se email die vinnigste versprei word.

As dit nie ‘n “bad luck if you don’t forward this to 20 people” is nie, is dit ‘n 20 sent skenking deur een of ander organisasie vir ‘n arme kind in ‘n Afrika land wat slegs deur ‘n vergrootglas op ‘n kaart gesien kan word, met drie hande wat op sy voorkop uitgroei, elk met oë op sy vingers, en wat intense pyn ervaar elke keer as hy omrol in sy slaap. Doen jouself ‘n guns as jy weer so ‘n email kry. Doen eers bietjie navorsing voordat jy dit aanstuur na jou skaap vriende. Ek belowe jou, 99% van die kere sal jy vind dat dit stront is.

EmailGeen organisasie kan tred hou met emails wat versprei word nie. Geen organisasie gaan jou enige geld of geskenke gee vir enige email wat jy aanstuur nie. Wat het jy gedink?

Die hartseer van die hele saak, is dat die 1% wat waar is, die een 1% van mense wat wel hulp nodig het, op dooie ore val as gevolg van die res se “wolf wolf” skreeu.

Louw de Twak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s