Buig die oortjie terwyl dit nog skoon is

OorpynIs jy as kind gereeld gemoer? Jammer oor die kras taal, maar daar is nie ander manier om so vraag te stel nie. ”Is jy gereeld getugtig as kind?”, of “het jou ouers jou met lyfstraf geliefkoos?” klink vertraag.As kind het ek my deel gehad, maar redelik min, aangesien ek ‘n verskriklike soet seuntjie was. Die buurseun kon egter nie dieselfde sê nie. Hy is sommer met die belt gegroet as sy pa nie ‘n goeie dag by die werk gehad het nie. Selfs ek het deurgeloop bloot omdat ek langs hom gestaan het. Tot onlangs het die dinge my nie gepla nie, tot anderdag toe ‘n vriend van my sy laaitie so beetpak dat ek amper self in die hoekie gaan staan het om my beurt af te wag. “Die donner wil nie hoor nie!”, is al wat hy kon sê.

‘n Geruime tyd gelede het ek bietjie navorsing gedoen oor wat dalk met my gehoor verkeerd kan wees. Onder normale omstandighede is niks fout nie. Dit net as daar geraas is, soos byvoorbeeld musiek, wat ek sukkel om uit te maak wat ander mense vir my skreeu. En toe snap ek dinge wat selfs die beste kinder sielkundiges nog oor wonder. Daar is gevalle waar kinders regtig ’n hou of ses nodig het. Maar daar is ook die gevalle waar kinders dalk regtig onskuldig is. Dalk het hulle regtig nie gehoor nie.

Ek weet ek is meer die jonge sny in die broodblik nie, maar ek is definitief nog nie oud nie. Ek is net op daardie stadium waar hoërskool dogtertjies jou ongemaklik maak as hulle jou groet as “oom”. Maar ek is so bly ek het die nuutste gier van “gel my hare tot dit deurmekaar lyk” gemis. Party van vandag se gatlose “kom ons kyk hoe laag my broek kan hang” outjies spandeer ure voor die spieël om die hare op hulle kop amper so deurmekaar soos die hare wat amper onder uitsteek te laat lyk. Ek lyk so as ek opstaan. Miskien slaap hulle nie? Maar ek skat ek is nie te verkeerd as ek die afleiding maak, dat as jy jou hare elke liewe dag in ‘n sekere onwiskundige vorm inforseer met gel, jou hare op die ou end nie meer normaal kan lyk nie. En dit bring ons tot by die volgende punt.

Ek is seker daar is baie slim mense daar buite wat presies weet hoe ‘n mens hoor, maar vir die res wat nie seker is nie, sal ek so ‘n oorhoofse opsomming gee. ‘n Mens se oor bestaan uit drie dele. ‘n Buite-oor, ‘n binneoor, en ‘n middel-oor. Die buite-oor verskaf handige lelle vir oorbelle, en help ook om die brein ’n idee te gee van waar ’n klap kom. Die middel-oor bevat dromme en delikate bene wat lugdruk en vibrasies oorsit in impulse en goeters. Die middel-oor bevat allerhande vloeistof sakkies en ander moeilik uitspreekbare strukture wat al die impulse na die brein vervoer. Onder andere haarselle. Ons almal weet dat klank verskillende frekwensies bevat. Die haarselle word deur klank gestimileer. Verskillende frekwensie wikkel sekere hare meer as die res. En dis minder of meer hoe mens hoor.

En dis die einste haarselle waarby ek wil uitkom. Gestel ’n oor word nie gereeld gewas nie, en oorwas bou op in die middle of binneoor. As oorwas genoeg opbou, sal dit noodwendig by die buite-oor uitpeul, maar nie voordat die druk ‘n tipe olie tot by die middel-oor laat drup nie. Ek dink ons kan almal saamstem dat oorwas olierig is. Ons weet wat die effek van gel op gewone hare is. Sou die oorwas-olie dan nie instaat wees om die binneoor hare ook plat te gel nie? En net soos gewone hare, sou dit nie moontlik wees dat herhaaldelik oorhaar-olie sessies veroorsaak dat die oorhare in ‘n semi-permanente plat vryf stadium inbeweeg nie? En sou ek heeltemal verkeerd wees as ek die afleiding maak dat so ’n staat van plat-haar ore jou nie heeltemal doof maak nie, maar slegs sekere frekwensies uitsny, soos byvoorbeeld die skrille stem van ’n moerige moeder?

So daar is die antwoord! Voordat jy jou kind stuur vir ’n duur sessie by ’n sielkunde wat self bietjie koekoes is, was sy ore! Die oumense was nie verniet so gesteld hierop nie. Hulle het geweet.

Louw de Twak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s