Balle vol verf

PaintballEendag op ‘n Sondag

Dit is inderdaad deur die eeue aanvaar dat ‘n Sondag bedoel is om te rus. Sommige mense interpreteer dit as kerk toe gaan, en dan rustig by die huis te “ontspan”. Sommige mense sien dit as laat-slaap dag. Sommige mense, soos ek, besef partykeer dat nommer een heel waarskynlik die regte een is om te doen, maar doen meeste van die tyd die tweede een. Soms gebeur dit egter dat jou swaer jou uitnooi na ‘n paintball dag op die plaas.

Ek is seker dat meeste mense ook ‘n selfoon vloek wanneer die irriterende alarm in die oggend aangaan. Volgens my moet die een wat “snooz” uitgedink het, ‘n nobel prys wen. Nee, twee nobel pryse en ‘n Amstel. So na ‘n vinnige shower, en ‘n ekstra lang harekam in die spieël, was ek oppad na ekspedisie paintball.

En so het ander mense een vir een begin opdaag op die plaas wat nog besig is om sy eie voete te vind. Ek het al eenkeer vantevore paintball gespeel, so ek weet min of meer wat om te verwag. ‘n Overall wat te klein is, ‘n geweer wat te lig voel, en ‘n masker wat te styf sit. Ek het die grootste overall uitgekies wat ek kon, maar nog steeds het my arms gelyk soos daai mense in sommige hospitale wat inwendige bloeding kry sodra hulle die arms laat sak. Ek skat die feit dat my swaar ‘n redelike boep het, het tot my redding gekom. Sy “kamo” baadjie pas nie meer vir hom nie, so nou is dit myne! Ek skat ek moes begin besef wat aan die kom is toe van die ouens hulle eie professionele klere, gewere, en toerusting wat eintlik bedoel is vir rekkies uit hulle eie karre begin laai. Nou weet ek. Die bliksems is nie amateurs soos ek nie. Hulle speel professioneel, en vat nie kak nie.

Om ‘n lang storie kort te maak.

Rondte 1:

Ter wille van die wat nie so baie speel nie (ek), sal ons ‘n oefen sessie speel. Een skoot raak, en jy’s uit. Hulle noem dit “last man standing”.

Tip 1:

As mens in gras rondkruip, en jy sien niemand nie, beteken dit nie dat niemand JOU sien nie. Die feit dat jy uit is met net een skoot, beteken nie noodwendig dat jy net een keer geskiet gaan word nie. Ek meen, hierdie ouens het redelike duur toerusting, maar geen tweerigting radios nie. Ek dink nie hulle het onder mekaar bespreek wie en wanneer hulle my gaan looi nie, so dis seker verstaanbaar dat ‘n hele paar “een” skote my brose liggaampie gelyk getref het.

Rondte 2:

Nog steed last-man-standing, maar nou met drie skote voordat jy uit is. Laat vaar die gras-gat-kruipery, en soek eerder ‘n soliede boom om agter te skuil. Ek meen, ‘n boom kan elemente soos wind, hael en reën weerstaan. Bome lag vir paint balls.

Tip 2:

‘n Boom help net as jou gat nie uitsteek nie. As jy op die gat geskiet word, moenie te veel intrek nie, jou boep steek die ander kant uit. As jy op die boep geskiet word, moenie opspring uit skrik nie, jou kop steek dan uit. As jy op die kop geskiet word, en dis skoot nommer drie, lig dadelik jou geweer. Anders raak dit 10 kop skote.

Rondte 3:

My oog raak in, en ek hardloop rond met ‘n permanent ingetrekte boude en maag. Mens leer na ‘n ruk watter bome beskerm jou die beste. Ek staan nou ook, wat staande steek daar minder uit as gehurk, en mens mik beter.

Tip 3:

Herlaai altyd jou geweer na ‘n game. Dis nie baie snaaks as jy in die middel van rambo-look-alike maneuver uit koeëls uithardloop nie. Moet ook nooit ‘n rambo maneuver uithaal as die ander persoon se geweer 10 keer so vinnig as joune skiet nie. Onthou altyd om jou geweer te lig. Dis al wat die skote stop.

Rondte 4:

Almal is honger, en dus word daar gebraai. Sonder borde. Net vuur en vleis.

Tip 4:

Mens moet kies tussen vingers wat brand en lekker warm vleis, of ok vingers en lou warm vleis. ‘n Paar stewige whiskies berei jou voor vir die volgende rondtes. Fisies en sielkundig.

Rondte 5:

Ek kom nou reg. Is van die ouens wat die laaste uitgehaal word. My natuurlike ratsheid kom na vore, en ‘n duik rol of twee kom sommer vanself.

Tip 5:

Moet nooit met ‘n paintball geweer ‘n duik rol aanpak nie! Jou geweer is nie gemaak daarvoor nie! Moet nooit deurmekaar raak tussen lings en regs nie. As die mense skreeu “pasop! Lings!” neem ingedagte dat hulle lings dalk jou regs is. Mens voel soos ‘n asshole as jy lings om ‘n boom loer, en twee mense skiet tegelykertyd jou rug pap vanaf regs.

Ronde 6:

Slegs vir die bittereinders. Drie in ‘n span. Ek haal twee van die ander span uit, en die tweede een gil soos ‘n klein seuntjie, want ek het my swaer se geweer wat 3 koeëls per sekonde kan skiet, en dit neem gemiddeld drie sekondes voor jou brein sê “lig die geweer!”. Shame, hy lyk nou amper so geverf soos ek.

Tip 6:

Moet nooit dink jy het dinge onder beheer nie! Die laaste persoon mag dalk jou kop vêrder verf. Ek sweer daar’s ‘n smiley op my rug geverf. En hoekom lag hulle vir my?

Rondte 7:

En dan ry mens huis toe, stop by ‘n garage om petrol in te gooi, en verstaan hoekom die mense Zulu met jou praat. Ek het seker soos ‘n zulu gelyk. Nie die velkleur nie, miskien net die feit dat dit lyk of ek uit ‘n bosoorlog uit kom.

Ti p 7:

Vat altyd skoon klere saam as jy paintball gaan speel. Daar is absoluut niks wat jy kan doen as jy op die snelweg ry en die gras in jou hemp veroorsaak ‘n onaardige gejuk nie.

Louw de Twak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s