Die kat moet weg…

KatEk het ‘n tydjie gelede ‘n email gekry. Dis een van daai emails wat iewers ontstaan het, en so versprei het, dat niemand weet wie dit oorspronklik geskryf het nie. Die persoon het ‘n paar wenke of tekens gegee hoe mens kan sien of jy nou mof is of nie. En een van sy stellings was, dat as jy single is en ‘n kat besit, jy ‘n “gay lord” is. Hoe sê mens dit in Afrikaans. Moffie koning, of ‘n hoer van edelike status?Ek meen, ek is single (soort van) en ek het ‘n kat. Tel dit in my guns as die kat ‘n welsyn geval is? ‘n Daad gepleeg vanaf ‘n edele hart?

Ek is nie ‘n moffie nie. Ek speel nie vir ander span nie. Ek het nie dildo’s in my kas nie, en ek droom nie van Leonardo de Caprio nie. Maar ek kan nie dieselfde sê van my kat nie. ‘n Bees wat reggemaak is, noem ‘n mens ‘n os. Wat noem mens ‘n kat wat reggemaak is? Vanaf bees na os, vanaf kat na gros? Ek weet die gedierte staar soms na my met so ‘n honger kyk in sy oë, maar ek het dit altyd gevat soos dit gekom het. Hongerte. So dan gee ek hom kos. En dan eet hy. Einde van die storie.

Maar dinge het onlangs ‘n ander pad begin loop. Elke keer as daar ‘n meisie hier gekuier het, of altans, elke keer as dié meisie hier gekuier het, is die kat mislik met my. Hy staar my aan met oë wat rillers spreek. Hy eet nie meer nie. Hy ignoreer my. Soms slaan hy sy kloue in my bene in. Sommer net so. ‘n Skop in sy rigting help nie. Hy is te slim. Hy beklou my, en gaan kruip dan weg. Is dit normaal? Wil hy hê ek moet hom kom soek met ‘n “koetsie koetsie waar is jy?” Verwag hy ek gaan hom omhels as ek hom kry? Dis dan wanneer ek my kamer deur toemaak as ek gaan slaap. Ek vermoed hy is gay. Of mof. Die bliksem is ‘n moffie! Wat anders gaan hy beklou as ek droom van Leonardo se sussie?

Ek voel deesdae bitter onveilig in my eie huisie. Soms is ek so bang, ek probeer lêplek kry in ‘n hoekie van my kas. Want soms is die kat net weg, maar ek weet hy beloer my vanaf iewers. Ek voel sy staar. Ek het nou die aand in my natpak (wetsuit) gaan slaap. Maar dit werk nie. Twee poepe en ek voel soos ‘n opgeblaasste ballon. Ek weet nie meer wat om te maak nie. Maar ek weet ek moet kies. From great power comes great responsibility. Van groot krag kom groot……Of sy, of die kat. Want harmonie werk nie. Ek is nie daai tipe nie.

Die kat moet weg! Dit ruk my. Dit treur my. Maar wragtig, genoeg is genoeg. Ek sal die kat die naweek bad, en per ongeluk die toaster in die bad laat val. Ek hoop net nie dit gee hom nuwe huppel in sy knuppel nie….

Louw de Twak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s