Vurkelogie

Vurk‘n Geruime tydjie gelede het ek die fout gemaak om ‘n dame in te lig dat indien jy vermoed dat Klaas Vakie dalk vir die ander span speel, dit veilig is om ‘n vurk te sluk voordat jy aan die slaap raak. Sy het nie verstaan nie, maar het aangedring op ‘n antwoord. Hoe verduidelik mens sulke sensitiewe onderwerpe aan ‘n dame? Ek skat, baie diplomaties. Ek het my bes probeer, en sy het verstaan wat ek bedoel. En dit was ook die laaste keer wat die onderwerp aangeraak is.Vurkelogie 101

Homo sapien is een van die menigte spesies wat hulle self op hierdie aarde bevind. Sommige van hierdie merkwaardige spesie het vrede gemaak met die feit dat hulle hier is vir ‘n rede. Die res loop elke dag rond met ‘n verwarde uitdrukking op hulle gesig, en vra vra soos “Waar kom ek vandaan?” Wat hierdie vraag so uniek maak, is die feit dat hierdie spesie, in kontras met die ander spesies op aarde, nie bewus is van sommige onderwerpe soos Maaia se boetie en die blommetjies, tot op ‘n sekere ouderdom nie. Dit is dan op daardie stadium wat vra soos “waar kom ek vandaan?”, vir vele jare daarna, en vir sommiges, vir altyd, ‘n giggel of twee in die sak bring.

Maar ten spyte van die feit dat almal op ‘n sekere ouderdom bewus raak van sekere klein verskilletjies tussen Maaia en haar boeties, en besef dat sommige uitstaande verskille veronderstel is om op sekere maniere in plek te val, is daar nog steeds die individue wat verward rondloop en legkaart probeer speel met die verkeerde stukke. Hierdie eienaardige gedrag veroorsaak ook dat ander mede broers ‘n sekere vrees vir die mannetjies optel. Veral as daar geslaap word, of as seep op die grond val.

Maar die spesie het gelukkig die vermoë om te kan dink, en volgens ingebore instink, word daar gereeld gekyk na maniere vir selfbeskerming. Aangesien homo sapien (of meeste), nie besonders ingenome is met sekere negatiewe ervarings, soos bv pyn nie, kan dit met redelike sekerheid aanvaar word dat sekere pynvolle episodes in die toekoms vermy sal word. As ons ook ingedagte neem dat sekere anatomiese dele bedoel is vir inname, en sekere nie, en dat alles wat ingeneem word, op ‘n stadium weer uit moet gaan, kan ‘n vurk wat op die regte manier gesluk word, dalk net tot gevolg hê dat die misbruik van nie-inname dele wel pyn kan veroorsaak.

Louw de Twak

Lewer kommentaar