Pasop!

Januarie 3, 2009

drink_en_stoot


Om te poep is nie ‘n sonde nie – Deur A. G. Visser

November 10, 2008

onderbroek

O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom


Penarie

Mei 27, 2008

Liewe Dr Roof

Ek sit in ‘n penarie. Daar is ‘n seker meisie waarvan ek baie hou. Ek hou baie daarvan om haar te sien. Om die waarheid te sê, ek kry nie genoeg van haar nie. Dis egter nie die penarie nie.

Ons het ‘n tydjie terug besluit om een dag, die hele dag, saam te spandeer en ‘n koumoviethon the hou. Dis ‘n dag van net eet en movie, nog eet, weer movie, nog eet en weer ‘n keer movie. Die idee was NIE om daarna huis toe te gaan, jou oë met melk uit te spoel om die skeelheid te herstel, en dan te kots van al die eet nie. Nee. Die idee was om lekker te relax en tyd saam met mekaar te spandeer. Maar dis ook nie die penarie nie.

Die ding is, ek gaan dalk nie my deel van die deal kan nakom nie. Beide van ons is reeds baie besig, en saamkuier ly partykeer daar onder. Ek is besig om te swot deur Unisa. Om eksamen toelating te kry, beteken dit dat ek verskeie take deur die jaar moet inhandig. En te kort voor die tyd het ek besef dat ek in ‘n spasie van drie dae drie take moet inhandig. Ek werk soms aan die goed in die week, maar die aande raak partykeer kort en dan misbruik ek naweke. En dit val oor die koumoviethon dag! Ek sal miskien die naweek moet werk!

Ek het dit met haar bespreek, en om verskoning gevra, en sy het gesê dis fine. Maar ek weet nou al, as sy die woord “fine” gebruik, beteken dit eintlik “ja ok, dis nou maar hoe dit is, maar boetie, as die geleentheid hom voordoen, gaan jy kak!”

En dis my penarie. Ek het reeds verlede jaar my studies opgeskop, om ander redes wat ek nie nou wil bespreek nie, en ek het net nie by dit uitgekom het nie. Ek wil nie hierdie jaar dieselfde doen nie. Aan die een kant voel ek moer sleg omdat ek haar drop, en aan die ander kant kan ek nie anders nie.

Wat moet ek maak? Want ek dink sy is baie teleurgesteld.

Anonieme Ek

Liewe Anonieme Ek

Ai tog. Jy klink vir my soos ‘n tipiese loser. Maar kom ek probeer bietjie help.

Hipotese 1 – Jy soek net sex by haar.

Niks vir jou vir ‘n lang tyd nie!

Oplossing: Koop 12 pakkies Rolos. Gee elke keer vir haar die laaste een. Miskien, as jy gelukkig is, sal jy by die twaalfde Rolo vergewe word, en mag jy weer aan haar been vat. Maar wees maar voorbereid op ‘n droë seisoen wat onbepaald mag duur.

Hipotese 2 – Jy soek haar geld.

Jy gaan arm wees vir ‘n tyd gelykstaande om witmelk in bloukaas te verander. Die beste blou kaas is dié waarop hulle afkom as hulle fossiele op grou.

Oplossing: Speel die lotto!

Hipotese 3 – Jy soek haar boetie se geld.

Boetman. Jy soek vir kak.

Oplossing: Hou op kak soek.

Hipotese 4 – Jy hou regtig van haar

Opsomming: Jy het kak aangejaag!

Redes: Soos dit vir my klink is sy ook baie besig. Sy beplan haar dinge rondom die dag. Sy skuif ander dinge uit net om die dag saam met jou te spandeer. Hoekom kon jy nie dieselfde doen nie?

Oplossing: Kry jou dinge agter mekaar. Doen so bietjie beplanning! My moer boetie, is dit so moeilik om dagboek te hou en ‘n skedule op te trek? Of is jy stupid? Dit vat nie so baie inspanning om een uur te spandeer om te kyk wanneer jy wat moet doen nie. Op daardie manier sal jy lank voor die tyd weet of jy iets kan doen oor ‘n naweek of nie. Of is jy die tipe ou wat ‘n week voor die tyd besef dat jy 4 weke se werk afgeskeep het en dit nou moet inhaal? As ek jy was, sou ek my kop in skaamte laat sak. Want as dit weer gebeur sal jy ge”label” word as iemand wat nie bedoel wat jy sê nie.

Jy sal moet opmaak met 33 bosse blomme, 19 bokse sjokolade, 47 ontbyte, 23 aandetes en 83 massages. Daarna sal jy alles moet doen wat sy sê. Ek wou voorstel dat jy haar tone manicure, maar daar gaan jy heelwaarskynlik ook kak aanjaag. Vryf eerder net haar voete.

Ek hoop jy luister na my raad. Moet my nie weer pla nie. Ek soek stories van skoolkinders wat pregnant is of gay seuntjies wat gemoer was.

Groete

Dr Roof


Intelligensie hang af

December 6, 2007

Stupid

Blykbaar is daar ‘n paar algemene verskille tussen mans en vrouens. Meeste staan uit, maar daar is miskien ‘n paar wat minder opvallend is.

Oor die algemeen is vrouens beter met kosmaak as mans. Is dit ‘n aanleg? Of maar net omdat dit van hulle verwag word? Druk van die samelewing. Want ek ken ‘n paar mans wat kan toor met kos. Dit hang alles af….

Oor die algemeen weet ‘n man meer van motors as ‘n vrou. Is dit aanleg, of maar net omdat dit verwag word. Want ek ken…..ok en ken nie sulke vrouens nie, maar ek weet daar is. Ek self weet bitter min van ‘n kar se derms. Dit hang alles af….

Oor die algemeen is mans minder emosioneel. Omdat die natuur ‘n balans het om te handhaaf, maak die vrou op daarvoor. Oor die algemeen is mans (fisies) sterker as vrouens. Maar vir elke tingerige mannetjie is daar ‘n stewige soustannie. Vir elke vrou van min woorde is daar ‘n babbelbek man. Dit hang alles af…..

Eintlik weet ek maar bitter min van hierdie dinge. Maar waarby ek eintlik wil uitkom, is ‘n telefoon gesprek met ‘n vriendin ‘n paar dae terug.

Ietsie soos:

Sy: bla bla bla bla goed en jy?

Ek: bla bla bla bla bla werk werk bla bla deadlines.

Sy: bla bla bla vakansie bla bla Kersfees?

Ek: bla bla tuis bla bla geld!

Sy: BLA BLA geld?!

‘n gesprek oor geldsake, kontrakte en hoekom haar man (my vriend) en ek blykbaar beter daarmee is as vrouens oor die algemeen.

……..

Ek: bla bla bla wat maak ons anders as julle? (vrouens)

Sy: Daardie ding wat tussen julle bene hang.

Ek: ?????

Sy: !!!!!!

Ek: oooooh! So intelligensie hang af!

Sy: O shit!

As intelligensie afhang, beteken dit ‘n man raak dom as hy………..opgewonde raak?

Louw de Twak


To tag, or not to tag….

November 29, 2007

Eendag lank lank gelede, toe mense nog vrugte gesteel het en meeste se oupas op plase gebly het en daar nog ‘n verskil was tussen jags en skiets, toe het niemand die volgende gewonder nie “Is a king rules a kingdom, and a monarch rules a monarchy, who rules a country?”

1. Oor die algemeen is ek iemand met baie geduld. Behalwe November maande. Dan verloor ek my humeur bitter vinnig vir die volgende:

* Mense wat 80 km/h in die middelste baan op die snelweg voort ploeter
* Mense wat aspris dom is
* Winkelsentrums / Skaapsentrums
* Mense wat ongeduldig raak met my
* Mense wat ongeduldig raak omdat ek ongeduldig raak omdat hulle ongeduldig raak

2. My gunsteling bier is Amstel, my gunsteling whisky is in my maag, en rooiwyn vlek my tande.

3. Ek dink mense glo in wat hulle weet, maar weet nie wat hulle glo nie.

4. Ek het nog al my ledemate, derms (blind of siende) en tande (maal, sny en verstand). Geen stopstels. Ek het nog geen kindersiektes gehad nie. Toe ek klein was moes ek by die maats gaan speel wat waterpokkies gehad het, sodat ek dit ook kon kry. Nie gewerk nie.

5. Ek het verlede jaar die Argus fiets thingy met ‘n babelas gaan ry. Hierdie jaar het ek die 94.7 cycle challenge gaan ry sonder suntan lotion. Dit was dom. Volgende jaar gaan ek ophou rook…

6. Ons is drie kinders. My suster bly in die bos. My broer is die besigheidsman. Ek is blykbaar net verlangse familie van my ma….

7. Ek hou van ou musiek en musicals. Maar ek hou ook van nuwe musiek en drama-chick-flick-kom-ons-pik-’n-traan-saam-met-die-girl movies. As ek moeg is, hou ek van skop-skiet-en-donder flieks. Eintlik hou ek van enige musiek en flieks, solank dit nie kak nie nie.

8. Tot onlangs was ek vrek bang om toesprake voor mense te gee. Toe sluit ek aan by ‘n klub wat die dinge vir jou leer. Ek is nog steeds vrek bang, ek steek dit net beter weg.