Frikkie soek ‘n fiets

September 7, 2011

rooi fiets
Klein Frikkie slaan in die kombuis uit en sê vir sy ma hy wil praat oor geskenke.
“Ma,” se hy. “Ek soek ‘n fiets vir Krismis.”

Maar Frikkie is eintlik bitter stout en maak altyd moeilikheid by die skool en met sy gesin. Sy ma reken hy moet eers dink aan sy optrede deur die jaar. Dan moet hy vir Liewe Jesus ‘n briefie skryf en verduidelik hoekom hy ‘n fiets moet kry.

Hoogs befoeterd, gaan Frikkie na sy kamer toe.

Brief 1

Liewe Jesus,
Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb ‘n fiets kry vir Krismis? ‘n Rooie.
Frikkie

Na hy bietjie gedink het weet Frikkie hierdie storie gaan nie werk nie. Hy was regtig onmoontlik stout deur die jaar.

Brief 2

Liewe Jesus,
Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van ‘n rooi fiets vir Krismis.
Soet Frikkie

Weer weet Frikkie hy vat ‘n kans. Hy skeur die briefie op en begin oor.

Brief 3

Liewe Jesus,
Ek was ‘n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my ‘n fiets kan gee vir Krismis.
Frikkie
Amper dadelik weet Frikkie dit gaan nie werk nie. Nou’s hy eers kwaad. Hy’s uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy dink: Mooi, die plan het gewerk. hy dink nou anders oor die saak. “Wees net betyds vir ete,” roep sy agterna.

By die kerk gekom stap Frikkie na die altaar toe. Hy kyk rond , sien niemand, en steel die Maria beeldjie. By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok nader. Nou’s hy reg vir die brief.

Brief 4
EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN, STUUR ‘N FIETS – ‘N ROOIE.
GETEKEN – JY WEET WIE.


Frikkie Vloek

November 11, 2010

Frikkie kom by sy ma en vra: “Mamma, as mens regtig nie anders kan nie,
en jy moet vloek, is dit beter om die “F” woord te gebruik of om die Vader
se naam ydelik te gebruik?”

Sy ma sê: “Nee, mens mag glad nie een van die twee gebruik nie, dis baie lelik!”

Frikkie: “Maar as mens regtig nie anders kannie, wat dan?”

Ma: “Gebruik dan liewer die “F” woord, maar net as jy nie anders kan nie!”

Frikkie: “Goed dan, ma – daar sit ‘n hottentotsfok op jou kop!”


Oom Koos

Oktober 26, 2010

Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare. Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in ‘n swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en vrugtebome.

Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook ‘n emmer saam om ‘n paar van die vrugte terug te neem huis toe. Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val plat agter ‘n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak hart beleef hy ‘n groep kaal meisies wat in die dam swem.

Hy staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik ‘n ander man se eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die nodige toemaak.

Een van die meisies skreeu benoud op die oom: “Ons klim nie uit voor oom nie weggaan nie!”

“Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle kaal swem nie……”

Hy hou die emmer omhoog en sê:

“Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee………………”


Frikkie by die bank

Oktober 21, 2010

‘n Ma neem vir vyf-jaar-oue Frikkie saam bank toe.

Hulle staan agter ‘n gesette vrou, deftig aangetrek. Na ‘n rukkie se geduldige wag sê Frikkie: ‘Sjoe, sy is vet!’

Die ma buig en fluister in die seuntjie se oor om nie so lelik te praat van die tannie nie, en stil te bly.

‘n Paar minute gaan verby en Frikkie strek sy arms uit so wyd as hy kan en sê: ‘Haar boude is so breed!’ Die vet vrou draai om en gluur na Frikkie.

Die ma fluister-raas kwaai in sy oor, dreig hom en sê aan hom om stil te bly. Na ‘n rukkie kom die groot dame voor in die tou. Op dieselfde oomblik maak haar selfoon ‘biep, biep, biep’.

Frikkie skreeu: ‘Gee pad, sy gaan reverse!!’


Klein Frikkie

Oktober 19, 2010

Klein Frikkie, sewe, vra sy ma een middag na skool: ‘Kan ek en ma bietjie man en vrou speel?’

Sy vind die voorstel half vreemd, maar besluit om saam te speel.

‘Ou vrou,’ se Frikkie terwyl hy sy skool das afhaal en op die rusbank neergooi nes sy pa altyd maak,’ek het ‘n harde dag gehad. Skink daar vir my ‘n lekker dop.’ Frikkie plak homself voor die tievie neer met sy voete op die koffie tafel, en ma gooi vir hom ‘n lang glas Oros.

Na ‘n ruk sê Frikkie, ‘Ou vrou, skep daar vir my ‘ lekker bord kos, man..’
Ma bedien vir Frikkie ‘n lekker kaas en tamatie snackwich. Hy eet himself trommeldik, vat aan sy maag, los ‘n vet burp nes sy pa altyd maak en sê:

‘Ou vrou, trek uit jou klere dan gaan lê ons so bietjie skuins man.’

‘Wat?!’, vra die ma geskok.

Jy’t gehoor wat ek sê:’ kom dit van Frikkie, ‘trek uit, dan loop lê ons so bietjie op die bed.’

Sy ma is hoogs onsteld, stop die speletjie summier, gryp vir Frikkie aan die oor en lei hom die gang af tot in sy kamer:

‘Nou doen jy jou huiswerk en ek wil nooit weer sulke goed uit jou mond hoor nie, het jy my gehoor?’

Baie bekommerd vertel sy daai aand die storie vir Frikkie se pa. ‘Aag ou vrou, ‘sê hy: ‘dis maar net ‘n speletjie, man. Ek sal niks ernstigs daarin lees nie.’

So twee dae later kom Frikkie van die skool af met dieselfde storie, en sy ma besluit sy speel enduit saam, want die ding puzzle haar vreeslik.

Dis weer ‘n dop wat geskink word, nog ‘n snackwich, en toe kom die skuins lê storie weer.

Sy gaan toe maar badkamer toe, trek uit, en trek haar japon aan. Sy vind Frikkie op die dubbelbed net in sy onderbroek met haar man se leesbril op sy neus besig om die koerant te lees, presies soos sy pa altyd maak.

Sy’s nou diep bekommerd, maar gaan lê toe maar hier eenkant op die bed.

Na ‘n rukkie sit Frikkie die koerant neer en haal die bril van sy oë af.

Die ma dink, ‘ wat nou?’

Frikkie skuif nader.

Sy dink,’WAT NOU?’

Frikkie sit sy hand om haar lyf en fluister sexy saggies in haar oor:

‘Ou vrou, dink jy nie dis tyd dat ons vir Frikkie ‘n nuwe BMX koop nie?’


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.