Gatiep, Meraai en Wonderwerke
Julie 28, 2008Al ooit gewonder hoe lyk Gatiep en Meraai?
Gatiep vertel vir die dominee…
Jy wiet, ek en die oubaas daar bo is tight.
Hy wiet ek kannie in die aand sien nie, so as ek in die aand opstaan en ek
gaan toilet toe, daai gaan die lig sommer vanself aan, as ek wegstap, dan
gaan hy sommer vanself weer af ook.
Die dominee kan dit skaars glo en vra later vir Meraai of sy enige iets van
die wonderwerke weet.
Meraai: Watter wonderwerke?
Dominee: Nee sien, Gatiep vertel my dat die lig sommer vanself aangaan as hy
toilet toe gaan en as hy uitkom gaan dit sommer weer vanself af.
Meraai: Ai jirre,het hy alweer in die yskas gepee ?!!!
Aan die moeder in ons huis
Mei 6, 2008
Wat my ma my geleer het
Ma het my geleer hoe om te bid:
Elke aand, nadat sy my in die bed gesit het, het sy gesê:
“Dankie Here hy is in die bed”
“Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom”
Sy het my geleer van “time travel”:
Ek sal jou tot in volgende week in klap!
Sy het my geleer pa’s is slimmer en ryker as ma’s:
Gaan vra jou pa!
Sy het my geleer oor fotosintese:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?
Sy het my geleer om altyd nederig en Klein te wees:
Mannetjie !!!
Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of ‘n dekselse orkaan jou kamer getref het
Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel pêrredrolle is vye nie!
Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!
Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou mond en eet jou kos!
Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeeet het!
Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!
Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, Dan gee ek jou iets om oor te huil ook!
Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!
Sy het geleer dat daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek’t nounet hier skoongemaak!
Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne Tel!
Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!
Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir ‘n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!
Mugabe
April 22, 2008
Mugabe skop die emmer en gaan hemel toe. Daar aangekom hoor hy by St. Peter dat sy naam nie op die lys is nie en hy hoort nie in die hemel nie. Hy hoort in die hel.
So gesê so gedaan, en die duiwel gee vir Mugabe ‘n hartlike verwelkoming. Maar toe kom Mugabe agter dat hy sy bagasie in die hemel vergeet het. “Geen probleem nie!” sê die duiwel. “Ek stuur sommer ‘n paar duiweltjies om jou bagasie te gaan haal.”
Toe die klein duiweltjies by die hemel opdaag, is die hekke gesluit. St. Peter is op lunch-break. Uiteindelik kom een van die duiweltjies met ‘n plan vorendag. Hulle sal mekaar oor die muur moet help om die bagasie te kry.
Terwyl hulle besig is om oor te klim, sien twee engeltjies hulle, en die een sê vir die ander. “My magtig! Mugabe is skaar 10 minutes in die hel, en daar is alreeds vlugtelinge!”

Bygedra deur Louw de Twak 
Bygedra deur Louw de Twak 
Bygedra deur Louw de Twak 