Georganiseerde Bedel

Januarie 4, 2009

beggar2Liewe Dr Roof

Miskien kan jy my help. Ek het nou die dag saam met my ma winkel toe gery. Vanaf ons huis na die winkel is daar ongeveer 13 robotte. Gewoonlik vang ons meeste groen, maar omdat sy haastig was, het ons almal rooi gevang. Sy sê dis een of ander man met die naam van Murphy se skuld. Wie dit ook al is.

Maar wat my toe opval, is dat daar ‘n bedelaar by elke robot sit / lê / hurk. Maar net EEN per hoek. Hoe werk dit? En hoekom wil my ma nie geld gee nie? Die omie in die Sondagskool sê mens moet sorg vir die armes. Was my ma dan nie Sondagskool toe nie?

Groete
Sannie
————————————–
Liewe Sannie

Ek weet nie of jou ma Sondagskool toe was nie en ek weet nie hoekom sy nie geld gee nie. Want ek ken haar nie. As jy my ‘n nommer gee, kan ek dalk bel en vra.
Ek het self al verskeie kere oor die ding gewonder. Party mense sê jy help hulle verder in die verderf in. Party sê dat jy eerder kos moet gee.

Iemand het al die volgende vir my gesê:

“If you feed a man a fish, you feed him for a day. If you teach a man to fish, you feed him for life…”.

Dit het ek ook nie lekker verstaan nie. Ek meen, wie is so simpel om met ‘n vis in die kar te ry? Maar ek moet bieg, ek het al mense met visstokke bo-op die kar se dak gesien, maar hulle het niemand geleer nie. Miskien werk hulle volgens ‘n skedule, en kan nie almal gelyk help nie. Ek vermoed daar is dalk ‘n waglys.

Miskien kan ek jou help oor die EEN bedelaar per hoek/robot. Ek het bietjie in die argiewe gaan rondkrap……..

Min mense weet dit, maar bedel is nie vir sissies nie! Daar is ‘n paar vereistes. Jy moet aansluit by GBNSA. Georganiseerde Bedelaars vir die Nuwe Suid-Afrika. Maar moenie verwag alles kom vanself nie. Hulle werk volgens ‘n streng kurrikulum. Maar dis alles die moeite werd. Hulle leer jou hoe om die vrotste kartonne uit te soek. Skei die kaf van die koring. Dan leer hulle jou om baie lelik te skryf. As jy hierdie bemeester het, begin die pret: Daar is verskeie maniere om te bedel. Of jy waai vir die mense, of jy slaat neer op die grond en kruip rond met ‘n baie kort stokkie, of jy sit ‘n baie patoslikke gesiggie op en staar. Maar dis nie al nie. Jy sal moet leer om by hulle skedule in te pas.

Die skedule werk soos volg: Enige area word opgedeel in verskeie zones. Elke zone het sy eie groep robotte. Elke robot het staan-punte, tot ‘n maksimum van vier. Die grote van die robot bepaal die aantal staan-punte. Jy sal NOOIT twee bedelaars by dieselfde staan-punt kry nie, maar jy sal altyd dieselfde bedel-groep in ‘n zone kry. Bedel-groepe sluit in, maar is nie beperk tot: Staan-en-waai groep, wees-krippel groep, lei-‘n-blind-maat groep, baba-op-die-rug groep, lei-‘n-maat-met-karbonkels-op-gesig groep, of kombinasies, soos een-lei-‘n-blinde-maat-met-kind-op-die-rug groep.

Jy sal, as jy oplet, sien dat dieselfde groep ‘n sekere zone op een slag beset. Of almal in die zone is blind, of almal het kinders, of almal loop met ‘n krik.

Die GBNSA is natuurlik ‘n organisasie met baie kontakte. Hulle het spesiale relings met die verkeersdepartement. In die ou dae was groot strate se robotte so gesinkroniseerd dat, indien jy sestig ry, jy alle robotte sou groen slaan. Deesdae sal jy elke robot rooi vang. Dis natuurlik vir ingeval jy een bedelaar mis.

Ek hoop hierdie verklaar die een bedelaar per robot situasie. Of jy wil geld gee is jou saak. Daar is verskeie benaderings. Meeste mense speel blind en sien niks nie. Ander mense praat en sê nee. Ander vloek, en die minderheid gee ietsie. Wie is reg en wie is verkeerd? Dis ‘n storie op sy eie…..

Groete
Dr Roof


Vleis in die slaai

Maart 16, 2008

Fruit SaladLiewe Dr Roof

Ek is nog steeds 15 jaar oud. Ek tel die dae af na my 16de verjaarsdag. Dan sal ek jou raad volg. Op daad en woord.

Maar intussen het ek ‘n nuwe probleem ontwikkel. Daar is party kinders wat ‘n video met hulle selfone afgeneem het, en dit aan die hele skool versprei het. My boyfriend is ‘n vegetariër. Toe het ‘n paar boelies stukkies vleis in sy vrugteslaai gedruk, en afgeneem terwyl hy dit eer. Volgens hom is sy reputasie vir altyd geskend. Hy het gemik vir hoofseun, maar nou dink hy daaraan om die skool te verlaat. Hoe kan ek hom motiveer om te bly?

In ‘n penarie
Sannie

Liewe Sannie

Dit wil vir my voorkom asof die nuwe politieke leiers and sensasie opwekkers daar in julle skool gekweek word.

Jy sê jou boyfriend is ‘n vegetariër? Daar is tipes vegetariërs natuurlik.

• Diegene wat net eenvoudig nie van vleis hou nie
• Diegene wat hulle in een of ander standpunt wil in-eet
• Diegene wat ook in die mode wil wees.

As jou boyfriend in kategorie een val, hoef hy nie bekommerd te wees nie. Dit was mos nie sy skuld nie? En een stukkie vleisbal in ‘n menigte appel, lemoen and papaya skywe sal selfs deur honde gemis word. Al wat hy moet doen is om ‘n vergadering bymekaar te roep, dit eksklusief te hou vir mense wat al vantevore deur vleis geflous is of wat genooi word, die res wat opdaag weg te jaag deur te sê hulle is kokosneute (nie vleis in beginsel, maar moet nog steeds met geweld hanteer word om by die wit uit te kom), en dan in ‘n geheime sessie sy sê te sê.

As hy in een van die ander kategorieë val, sit ons met ‘n probleem. Mens kan, soos logika dit vir ons voorhou, redeneer dat die paar bullies nie die skool verteenwoordig nie, en daarom ook nie sy aansien by die hele skool sal skaad nie.

Maar in vandag se tyd sal dit polities….onlogies wees. As een groepie maniakke ‘n onaanvaarbare daad pleeg, word almal wat in die kategorie val as skuldig gebrandmerk. In die geval, almal wat klere dra. Jou boyfriend is in die kak. Jammer, maar tot oom logika weer sy kop uitsteek, sal selfs jy wegkom deur ‘n “Ek is vrou en oom Gert het my skeef aangekyk en daarom is alle Gerte boos” beweging te stig.

Mense veroorsaak nie sensasie nie. Sensasie gaan soek hulle!

Hou vleiskop!
Die uwe
Dr Roof


Piepie hier, piepie daar, en siedaar

February 6, 2008

Die “tag” ding deur Vokkof (Ek tag jou)

10 van die 11 dinge wat my afpis…..

1. Mense wat rassisme en onbevoegdheid verwar…..ek meen, deur te sê iemand is onbevoeg om sy werk te doen, word daar dadelik politiek aan gekoppel. Of jy kan, of jy kan nie. Niks met kleur of geur uit te waai nie.

2. Mense wat te liberaal is…..is geneig om realiteit en relatiwiteit te verwar

3. Mense wat te regs is…..is geneig om aan tonnelvisie te lei

4. Mense wat kool en boontjies by die werk eet. My donder boetman, ek verstaan jy het dalk spysverterings probleme, maar maak ‘n ander plan.

5. Vet tannies wat sê dis ongesond om te rook. Voor jy kan praat oor gesondheid, lyk eers bietjie gesond.

6. Mense wat aggresief raak tydens ‘n argument en dit blameer op “passie”

7. Die nuus. Is daar wragtig niks meer positief om uit te saai nie. Fokkit.

8. Mense wat meer worry oor wat ander mense van hulle dink, en in die proses leef hulle ander mense se lewens.

9. ‘n Troue op ‘n Vrydag

10. Die onbenullige, sinnelose, onverstaanbare, onnodige, onwelvoeglike neus van Michael Jackson


My boyfriend se been

Januarie 21, 2008

Skaam

Liewe Dr Roof

Ek is 15 jaar oud en sit graag my hand op my boyfriend se been in die bus. Ons ry elke dag saam in die bus. Iemand het dit nou die dag gesien en gesê ons gaan kak as die onnies uitvind. Hoe nou? Is dit dan verkeerd?

Baie ongelukkig
Sannie

——————————————-
Liewe Sannie

Bly weg van jou boyfriend se been. Dit is taboe, onheilig en vreeslike sonde. Nee magtig man, wat word van julle kinders deesdae? Toe ek 15 was het ons met ons fietse in die spruitjie gaan ry, mense se vensters met eiers gegooi, kaalgat onder die maanlig rondgehardloop en skelm gerook. Maar been vashou! Genade ons. Dis onwettig!

Maar ek verstaan jou probleem.. Enige kind het behoefte aan liggaamlike kontak. In die goeie ou dae was dit glad nie ‘n probleem nie. Lyfstraf was nog wettig, en ons het gereeld liggaamlike kontak op ons boude gehad. Toe vat die bliksems lyfstraf weg. Ek dink dit het die persoonlike kontak net vanaf skool na huis verskuif. Maar toe word dié ook onwettig. Nou wat maak mens nou? Die onnies mag nie meer aan jou vat nie, jou ouers mag nie meer aan jou vat nie. Maar vat sal daar gevat word. So nou soek jy dit op iemand se been?

Hou moed. Ander dag more is jy 16, dan kan jy sy been, sy hand, en ander dinge vashou. Maar nie nou al nie. Het jou ma hulle nooit vir jou geleer hoe vry werk nie? Ai tog. Ouers van vandag leer nie meer hulle kinder nie. Kom ek vertel jou.

• Voor 7 bad jy saam met seuntjies
• Op 8 gril jy vir seuntjies
• Op 9 gril seuntjies vir jou
• Op 10 giggel jy vir seuntjies
• Op 11 giggel seuntjies vir jou
• Op 12 giggel julle vir mekaar
• Op 13 droom julle van mekaar
• Op 14 sit julle langs mekaar
• Op 15 maak julle oogkontak
• Op 16 naai julle
• Op 17 soen julle
• Op 18 hou julle hande vas
• Na 18 maak jy wat jy wil. Of jy trou, of jy slaap rond, of jy begin sing en doen albei, soos Oom Steve

So wag tot jy 16 is, asb. Tot dan toe, wees geduldig en rook eerder.

Hoop dit help jou

Die uwe
Dr Roof


Wie spot met Noag?

Januarie 16, 2008

NoahNa aanleiding van ‘n inskrywing wat ek op iemand se blog gelees het (alleman: Afrikatekens en ‘Oorwin plaasaanvalle’), het iets waaroor ek ‘n ruk terug gewonder het, maar nooit die antwoord gekry het nie, weer sy kop voor my ogies uitgesteek.

Alleman haal aan vanaf die mense se webblad….

“….Wanneer jy met hierdie dinge die spot wil dryf, hou tog net in gedagte wat met die spotters van Noag, Josef, Moses, Jakob, Elisa en soveel ander gebeur het….”

Dis die eerste keer wat ek van hierdie boek hoor, so ek het absoluut geen kommentaar daaroor nie. Ek gaan ook nie vir alleman aanvat omdat hy die boek kritiseer voordat hy dit gelees het nie. Hy het mos nou verduidelik hoekom hy sê wat hy sê.

Die ding wat my laat wonder is die stuk wat noem dat daar met Noag gespot is. So is ons geleer in kinderkrans, so is ons geleer in Sondagskool. Daar was selfs liedjies daaroor, en elke animasie van Noag het dit gewys. Maar net presies waar kom die mense daaraan? Ek is een van daai mense wat die Bybel glo. Is ek is doodeenvoudig baie dom? Kan iemand wat bietjie slimmer is tog net vir my wys waar dit in die Bybel staan?

~ Louw de Twak