‘n Ma neem vir vyf-jaar-oue Frikkie saam bank toe.
Hulle staan agter ‘n gesette vrou, deftig aangetrek. Na ‘n rukkie se geduldige wag sê Frikkie: ‘Sjoe, sy is vet!’
Die ma buig en fluister in die seuntjie se oor om nie so lelik te praat van die tannie nie, en stil te bly.
‘n Paar minute gaan verby en Frikkie strek sy arms uit so wyd as hy kan en sê: ‘Haar boude is so breed!’ Die vet vrou draai om en gluur na Frikkie.
Die ma fluister-raas kwaai in sy oor, dreig hom en sê aan hom om stil te bly. Na ‘n rukkie kom die groot dame voor in die tou. Op dieselfde oomblik maak haar selfoon ‘biep, biep, biep’.
Frikkie skreeu: ‘Gee pad, sy gaan reverse!!’
Bygedra deur Louw de Twak
