Klein Frikkie

Klein Frikkie, sewe, vra sy ma een middag na skool: ‘Kan ek en ma bietjie man en vrou speel?’

Sy vind die voorstel half vreemd, maar besluit om saam te speel.

‘Ou vrou,’ se Frikkie terwyl hy sy skool das afhaal en op die rusbank neergooi nes sy pa altyd maak,’ek het ‘n harde dag gehad. Skink daar vir my ‘n lekker dop.’ Frikkie plak homself voor die tievie neer met sy voete op die koffie tafel, en ma gooi vir hom ‘n lang glas Oros.

Na ‘n ruk sê Frikkie, ‘Ou vrou, skep daar vir my ‘ lekker bord kos, man..’
Ma bedien vir Frikkie ‘n lekker kaas en tamatie snackwich. Hy eet himself trommeldik, vat aan sy maag, los ‘n vet burp nes sy pa altyd maak en sê:

‘Ou vrou, trek uit jou klere dan gaan lê ons so bietjie skuins man.’

‘Wat?!’, vra die ma geskok.

Jy’t gehoor wat ek sê:’ kom dit van Frikkie, ‘trek uit, dan loop lê ons so bietjie op die bed.’

Sy ma is hoogs onsteld, stop die speletjie summier, gryp vir Frikkie aan die oor en lei hom die gang af tot in sy kamer:

‘Nou doen jy jou huiswerk en ek wil nooit weer sulke goed uit jou mond hoor nie, het jy my gehoor?’

Baie bekommerd vertel sy daai aand die storie vir Frikkie se pa. ‘Aag ou vrou, ‘sê hy: ‘dis maar net ‘n speletjie, man. Ek sal niks ernstigs daarin lees nie.’

So twee dae later kom Frikkie van die skool af met dieselfde storie, en sy ma besluit sy speel enduit saam, want die ding puzzle haar vreeslik.

Dis weer ‘n dop wat geskink word, nog ‘n snackwich, en toe kom die skuins lê storie weer.

Sy gaan toe maar badkamer toe, trek uit, en trek haar japon aan. Sy vind Frikkie op die dubbelbed net in sy onderbroek met haar man se leesbril op sy neus besig om die koerant te lees, presies soos sy pa altyd maak.

Sy’s nou diep bekommerd, maar gaan lê toe maar hier eenkant op die bed.

Na ‘n rukkie sit Frikkie die koerant neer en haal die bril van sy oë af.

Die ma dink, ‘ wat nou?’

Frikkie skuif nader.

Sy dink,’WAT NOU?’

Frikkie sit sy hand om haar lyf en fluister sexy saggies in haar oor:

‘Ou vrou, dink jy nie dis tyd dat ons vir Frikkie ‘n nuwe BMX koop nie?’

3 Responses to Klein Frikkie

  1. Louw de Twak says:

    Ja nee, ek wens ek was so slim toe ek klein was….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.