O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag
Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar
Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi
Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank
Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak
Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai
Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan
Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak
My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg
Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek
My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol
Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom
Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom


December 1, 2008 at 10:20 vm
Iets hieraan laat my aan Mr. Bones 2 dink!
Maar dis seker maar die skreeusnaakse manier van die Afrikaanssprekende om ‘n snaakse essay te skryf, of ‘n lagwekkende diggie te dig, oor iets so NOOTsaaklik soos ‘n wilde derm!