Aambeie

Bush drinking stuff

‘n Vriendin van my se ma het die volgende boek vir haar gekoop:

God se Apteek deur Herman Uys

Die boek bevat ‘n reeks kwale met natuurlike maniere om dit te genees. Hoe die skrywer verwag mens moet dinge ernstig vat na kwaal een, weet ek nie…

Die volgende is woord vir woord die oplossing wat die boek bied vir:

Aambeie

Aambeie is geswolle are in die voering van jou anus. Dit kan aan die binnekant of buitekant vorm en is die gevolg van aanhoudende druk op die kolon as gevolg van hardlywigheid, ook tydens swangerskap en geboorte skenk. 30 – 40 % van alle mense in ons Westerse beskawing het las van aambeie.

Simptome:

Pyn en bloeding gedurende ontlasting. Dit jeuk en kan vergroot met tyd as daar nie betyds aandag aan gegee word nie.

Behandeling:

Sny ‘n rooi patat in die vorm van ‘n potlood, en druk dit in die anus op. Dit sal help.

Sit op ‘n bak koue water, dit veroorsaak krimping van die aambeie.

Timjan (aalwynsap) help definitief., behalwe vir die O-bloedgroepe.

Rooipeper is ‘n wenner teen aambeie. Drink 3 maal per dag 1 teelepel met’n glas vrugtesap. Dit werk soos ‘n bom. Dit brand so bietjie as jy toilet toe gaan, maar jy raak dit gou gewoond. Die volgende agtermiddag brand jy spierwit.

Roosmarynolie aangesmeer, help.

Eet rou ertjies gereeld. Rou spinasie help verseker.

Appels is ook goed vir aambeie.

“Comfrey” is ‘n wonderlike plant, en sy afgetrekte tee sal wondere vir jou aambeie verrig – probeer dit.

———————————————————–

Nog kwale wat bespreek word is:

  • Bednatmaak
  • Rustelose Bene
  • Slegte asem
  • Tandekners
  • Seniel
  • Winde

Let wel: Hoe lank moet jy die “potlood” daar los? Ek meen….dit mag dalk lei tot die volgende kwaal…hardlywigheid…

52 Responses to Aambeie

  1. skoor says:

    Twakkie, OMSN! Ek geniet jou blog so. Hier iewers le ook 2 boererate boeke, sal gaan sien of ek ‘n oplossing vir jou potlood, of liefs plaasvervanger, daar raaklees.

    Daar is ‘n oom met ‘n fabulous webwerf, wat ook eens op ‘n tyd sulke vreeslike rate uit die vroegere jare, neergesit het. Ek sal my kop netnou woes gaan skud, miskien onthou ek die naam daarvan.

    Groetnis, en hou so aan!

  2. Roer says:

    Bwahaha!!!! Skoonma het vir ons ook die boek gekoop, maar ek het nog nie diE stuk gelees nie. Daai potlood kan nogal lol… en ek eet nie eers GAAR ertjies nie. Wat wou rou!

  3. platterfuss says:

    OMF!!!!

    Net om te lees ‘cure’ my lewenslank van enige vorm van aambeie… HEHE!!!!

  4. Louw de Twak says:

    roer: hoe kon jy dit mis? dis op bladsy een!

    Een ding wat ek geleer het toe ek so deur die boek blaai: Ek is superman! Ek het oorleef tot nou toe sonder rooipeper. Rooi peper pop op op omtrent elke tweede bladsy…

  5. Marina says:

    HA HA vir Patat-potlood!

    Die beste raad wat ek gehoor het vir aambeie: Die Vuurhoutjie – raad:
    Jy brand die aambei met ‘n vuurhoutjie.
    Volgende keer as jy aambeie kry, skud net die boksie vuurhoutjies, dan spring die aambei self terug!!

  6. Fredddy says:

    Hulle se nie of jy die appel moet eet of iets anders daarmee moet doen nie…

  7. Louw de Twak says:

    Freddy, as jy dit regkry om ‘n hele appel daar in te kry, dan haal ek my hoed af vir jou. :-)

  8. Dellie says:

    My boetie sweer dat Vicks die ding doen… flip, dit brand seker al die k@k uit jou uit! :lol:

  9. duskant says:

    he he…ekt ‘n tyd terug bietjie geskryf oor boererate…gaan check by http://duskant.wordpress.com/2007/11/01/so-werk-dit-boererate/

    vrek interessante onderwerp…(siestog, my oupa het glo, nadat hy sy aambeioperasie gehad het en hy wakker geword het aanhoudend geskreeu “help my, die vuur is in my h@l!)… ;-0

  10. Skoor says:

    Oom Danie Smuts het ‘n boek van Boererate uitgebring.

    Een aambei raat is:

    Stoot ‘n ysblokkie voor bedtyd in rektum op. Herhaal tot dit gesond word.
    …………aaaaah!

  11. sonkind says:

    O no!!!! Skoor, hoe groot moet daai ysblokkie wees?

    Louw, ek kan nie eers sien om hier te tik nie, so lag ek, dat die trane loop. En dan word dit God se Apteek genoem – ek het nog altyd vermoed God het ‘n goeie humorsin! :lol:

  12. Bertus! says:

    Rooipeper werk “soos ‘n bom”. Ek wonder hoe bedoel hulle dit?

  13. Louw de Twak says:

    Bertus: Heel waarskynlik sinspeel die “bom” vir daardie oomblik wanner knyp nie meer werk nie…..

    Sonkind: Jy bedoel seker “hoe KLEIN moet daai ysblokkie wees”….wragtig, winter of somer, ek is nie gemaak vir hoendervleis op daai plekkie nie….

  14. Louw de Twak says:

    skoor: “herhaal tot gesond word”. Die aambei, of die ysblokkie?

  15. Louw de Twak says:

    Die boek is selfs in die nuus….met ‘n paar vrae….

    The Herald

  16. kostannie says:

    Dis absoluut hilarious. Mag ek asb. tog nooit een van daai rate nodig hê nie (touch wood)…

  17. platterfuss says:

    HEhehe weer vir die comments…. Klomp minora blades!

  18. Jo Tuaqui says:

    ek het ook die boek gekoop en is van die A bloedgroep. Agter in word daar voedselsoorte aanbeveel en ander om te vermy. Tamaties val hier in albei groepe vir die A bloedgroep. Hoe dan nou?

  19. Elleln says:

    Weet dat rooipeper vir my skoonma se brongitis gewerk het. Regtig. Daar is dalk natuurlike hulpmiddels, wat al klink dit bisar, dalk net die ding doen.

    Het julle nie korrekte raad vir werklike aambeiprobleme nie?

  20. Gifappeltjie says:

    Ek sukkel nou al vir maande aaneen met aambeie. Het al apteek toe gegaan vir meer as twee voorskrifte. Ek is werklik raadop. Elke keer vat die medikasie die pyn en gejeuk weg. Maar sodra die medikasie op is begin die pyn en bloeding weer. Werk die raad regtig? Ek is desperaat genoeg om al die rate te volg. Sommer vandag nog gaan ek inkopies doen vir al die bogenoemde.

  21. Maraai says:

    Ek het pankreatitus en hipatitus c saam gekry en na 15 dae in di hospitaal en 31 dae af van di werk sit ek met eksterne aambei en ek is ni hardlywig ni. Ek is raadop, ek gaan di rooi peper probeer en ook 3 maal ‘n dag zumbok salf aan wend daar word gesê dit werk. Sal laat weet of dit werk.

  22. Karneels says:

    Ek stem saam ouens, die rooipeper ding werk soos ʼn bom. Of die bom die oomblik is tussen die geswolle are of die ysblokkies in die voering van jou anus is ek nie seker nie maar die ding het tande en jy wil geen mens dit toewens nie. Ek is steeds ken hoog die supermark uit met my pakkie soet patats onder die een arm en ʼn skerpmaker onder die ander en of ek terugkom weet ek nie???
    Ernstig nou. Het enige iemand van julle die God se Apteek se wonderwerke getoets?
    Probeer gerus die suurlemoensap ding na ete as die magie krom staan omrede die maagsappe nie van mekaar hou nie, die knyp en die werklikheid raak maats en die een oog potlood sindroom ʼn agrief wat vergeet word in tyd…..

    • Alta says:

      ek lag dat my trane loop al is dit ookal in 2009 hier neergepen. sit met dieselfde aambeie probleme, maar of ek die potloodding wil try, ek weet darem nie so mooi nie. verder geniet ek elkeen se kommentare, laat my lekker lag

  23. Krait says:

    Weet verseker dat rooipeper werk, ek gebruik dit nou vir amper 2 jaar lank, en in daai tyd nie n hoes of pyn gehad nie, In God se apteek boek sal julle lees van n man wat n maagseer gehad het, en wou self moord pleeg weens dit deur rooipeper oor doses te neem hy het geglo die rooipeper sal sy maagseer laat bars, en hy sal dood bloeie, Die persoon was heeltemal genees van sy maagseer, Maar almal het die reg om te glo soos hy wil.

  24. suzette says:

    ag nee hoe gaan ek weet waneer jul ernstig is? ja jul het my vir n ruk laat vergeet van die helse pyn in my agterend, ekt nou al gedink om als te probeer, van die patat tot die vuurhoudjies, darm kan ons nog lag daaroor ne.

    • Alta says:

      ek stem saam, ek het nou al vir al die kommentare so gelag dat ek al byna van die pyn in die agterent vergeet het. Lag is die beste medisyne

  25. Mmmmm, gan juis vandag dr toe omtrent hierdie rare verskynsels! Ek dink uitsny is maar die beste oplossing. Sal jul op hoogte hou.

  26. cidy says:

    Hahaha ja ek dink vir die eerste keer in my 45 jare sit ek ook met die gevreesde siekte al wat ek weet is dat dit daar op die strategiese plekkie brand soos ‘n kool vuur sonder enige bloeding nou wonder ek net is die aambeie oorerflik of nie my pa het ook gereeld aambeie gekry een raad wat hy onvang het was om golgate tandepaste daar aan te wend en ons kon as jong kinders (wie se kamer deur regoor die badkamer was ) hoor hoe di arme man “suffer” soos dit brand my sister kom toe met ‘n beter raad voor in dag en dit is om baie sout te eet en dan oor ‘n bad met water te sit die aambeie word dan dors en sodra hulle uitkom om water te drink sny jy hulle sumier af met ‘n sker hahahaha

  27. Felicity says:

    Almal het verksillende resepte, maar wat is die cure vir aambeie. Die eintlike cure.

    Kan iemand my help asb.

    Groete
    Felicity.

  28. Gesina dJ says:

    Ek weet nie. Ek is al so moedeloos dokter en apteek toe ek gaan rooipeper probeer. Sal julle laat weet.

  29. andre says:

    probeer gerus colodial silver salf dit werk baie goed

  30. Erika says:

    Ek is ook raad op, sodra ek vonkelwyn drink
    Dan kry ek aambeie. En ek is ook nie hardlywig
    Nie.
    Daar is ‘n setpil wat mens kan gebruik v dit,
    Maar ek kan nie onthou nie.

    Ek sukkel vandag met aambeie. Dit bran van binne en pyn.
    En ek het salf maar daai gedagte is, hoe slaap
    Ek vanaand. In PTA is a besigheid van aambeie.
    Ek wil da in gaan maar wane ek pyn het wil ek nerens
    Ry nie.

    Help dis nie ‘n grap nie.

  31. Patricia says:

    Alles goed en wel, die rooi-peper het ek gedrink, anusol in my anus opgedruk maar hoe nou gemaak met die “strawberry” buite die area wat net nie wil verdwyn? Dit is regtig iets wat ek nie vir my vyand sal toewens nie. Iemand het genoem van colgate op die gedeelte smeer moet net nie verwag ek gaan nog flos ook nie. LOL

  32. Wayne says:

    Laat ek julle vertel ek suffer al 25 jaar met aambeie, ek het al alles probeer. Van uit sny tot stukkend sny en alles uit druk en baie pyn. Rooi peper werk maar en warm bad. Ek het medication by n Dr gekry Beyer silver bullets wat jy in onder in druk en geel pille wat die bloed stop na die aambeie toe. Dis al wat werk julle!!! Gaan na julle apteek toe en vra vir die medication ek kan nei die naam onthou nie maar se julle soek die bullets met silver foil Beyer en die geel kapsulles wat die bloed toevoer stop na aambeie.

  33. Daantjie says:

    Rooipeper is goed vir vele kwale,o.a. cholestrol. Ek self gebruik Zumbuk salf, dis wat die skeepsmanne al jare lank gebruik. Dit vat so 2 tot 3 dae om te genees. Sterkte.

  34. Grappiesoppiestokkie says:

    Ek het alles wat hier genoem word probeer oor die laaste 3 maande, insluitende peperduur voorgeskrewe setpille en salwe, BEHALWE rooi peper en daar kry ek toe my antwoord.

    Rooi peper werk mense, suiwer Cayenne rooipeper wat jy by ‘n apteek kry.(1/2 teelepel oggend, middag en aand – of jy kan Cayenne kapsules by die apteek kry)

    Pynverligting binne ‘n dag en swelling sak binne 2 dae en na 5 dae amper, amper weer normaal.

  35. Eduard says:

    HI Julle, ek suffer ook met aambeie, maar ek het nou so lekker gelag. Dis wat ek van ons nasie geniet, die manier om die komiese in sulke pynlike situasies raak te sien. Dit help so bietjie vir die pyn. Dankie julle!
    (NS: besig met die rooi peper eksperiment)

  36. loelo says:

    Ek is pregnant en sukkel ook mt aambeie kan ek ng altyd di rooi peper gbruik of sl dt n negatiewe ytwerking he op my pregnancy en werk zum-buk rerig?

  37. mariojonas says:

    ek het hier ge-arriveer in my poging om die boek “God se Apteek” te “vet”, maar ek moet vir julle se, ek het VEEL meer gekry as daai. ek het lanklaas so lekker gelag!
    BAIE dankie vir die stres”ontlading” lol!!

    • marta says:

      Almal gan aan ori rooipepper! Rooipepper werk!! Rooipepper, rooipepper! Maar HOE?! Moet jy dit drink of an jou h@l smeer?! Eks skoon confused?!

      • Alta says:

        jy moet dit drink saam met iets. ek lag my al ‘n papie hierdie kant vir al die kommentare

  38. Peyer Theron says:

    Hmmm…
    Ekt nou gelees, gelag en getry. Rooipeper is verseker nie n Kosher oplossing nie! Wie kan daai goed tog drink!? KGA!
    Patatpotlood is nie okay nie, eerstens is dit so verdomp verkeerd wat man-wees betref en twedens kry mens nie die ding daar op sonder dat hy afbreek nie! Ysblokkie…damnit dis koud, maar bring verseker verligting! Probeer net om nie “Frostbite” te kry op jou uhm, AREA nie!
    Dankie vir die lekker lag!

  39. andre says:

    Ek het ook soms bloed in my uitgang Apteker het vir my ANUSOL gegee. Is dit goeie goed

  40. Andre en mede lyers

    Anusol het ek probeer maar hy het nie vir my gewerk nie. Ek dink dit hang maar af van die graad van die aambeie.

    Ek het nou al op hierdie blog gepos en een van my rate was rooipeper, wat vir my gewerk het, maar weet jy wat – en nou praat ek met almal wat sukkel met die verpestelike goed – al hierdie rate en salwe gee net verligting tot jy die eerste hardelyf weer het.

    Die beste raad vir ambeie (en dis ongelukkig ‘n lang proses) is om jou dieet gewoontes daadwerklik te verander. Jy moet effektief sorg dat jy NOOIT ‘n harde stoelgang het nie anders is hulle terug!

    Ek weet dit klink soos ‘n cliché en dis nie ‘n kitsoplossing nie, maar hierdie is wat werk oor die lang termyn:

    Eet elke oggend van jou lewe ‘n bakkie Allbran en ‘n bakkie vrugteslaai met jogurt onafhanklik van wat jy anders wil eet, maak seker dat jy groente saam met jou ander maaltye eet, raak deeglik bewus van hoe fyn jy jou kos kou (veral vleis of daardie wonderlike ding genaamd biltong – baie sleg as jy aambeie het!) en laastens oefen (ek doen joga by om die bloedsomloop te verbeter).

    Ek kan nie sê die knapies is heeltemal weg nie, maar ek het definitief baie min dae pyn en as ek pyn het, is dit nie in so ‘n erge graad nie.

    O ja, as jy baie sit, kry maar ‘n ringkussinkie ook.

    Ek wag vir inligting wat aan my gestuur word oor hoe om aambeie “oornag” te genees. As dit werk, sal ek dit hier pos en as dit werk, gaan ek nog steeds aan met my dieet roetine net om seker te maak die klein wetters steek nie weer hulle aaklige koppies uit nie.

    Sagte stoelgang vir julle almal!

  41. Magda says:

    Hi Almal, Het laaanklaas so lekker gelag, soek nou raad vir maagpyn. Ekt ook al van al die rate gehoor en wel, dis maar daar vir altyd. Eks gelukkig, myne is baie “mild”. Geen pyn en geen juk. Sterkte vir almal. Ek weet nou waar om n stres ontlader te kry as ek gestres of moerig is. Dis rerig die beste pil ooit. LEKKER DAG VIR JULLE.

  42. Alta says:

    ek het ook lanklaas so lekker gelag. Dankie vir almal se rate en komiese kommentare.
    Hoop ons kry gou die regte raad vir die seer aambeie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.