Skool misverstande

StudentEk vermoed, met die nuwe skool kurrikulum, het daar ‘n paar misverstande in die gebruik van Afrikaanse idiome ontstaan. Geen wonder ons skole is besig om so agteruit te gaan nie.

  • Buig die boompie terwyl hy nog jonk is.

is nie dieselfde as

Rook die boompie terwyl hy nog jonk is.

  • Lont ruik – Is figuurlik, en nie letterlik nie!
  • Hy dink hy’s kaas – en – Hy dink hy’s Maas –Alhoewel dieselfde betekenis, is die tweede een (nog) nie ‘n erkende idioom nie.
  • Die hef in die hande hê – Het geen seksuele konnotasies nie!

Louw de Twak

10 Responses to Skool misverstande

  1. Dellie says:

    Hehe, ek vermoed ‘n paar het vasgesteek by daai boompie… :mrgreen:

  2. duskant says:

    Ha haha! :-)
    Ek het in st4 pak gekry oor ‘n soortgelyke misverstand…
    Ons moet ‘n prent maak wat ‘n Afrikaanse gesegde / idioom uitbeeld.
    Ek teken toe ‘n mannetjie, redelik groen in die gesig en vooroor gebuk oor ‘n emmer met ‘n stuk tou wat uit sy mond tot in die emmer loop…
    Nodeloos om te sê, my interpretasie van “tou opgooi” het die onnie nie juis “impress” nie…

  3. Louw de Twak says:

    duskant: As ek ‘n onnie was, sou jy ten minste punte kry vir oorspronklikheid…

    Met die nuwe petrolpryse en kospryse, sal hulle heel waarskynlik

    “Hunker na die vleispotte van Egipte”

    moet verander na

    “Hunker na enige vleispotte”

  4. SHARKS says:

    Kinders was nog kinders toe ons kinders was!!

  5. Roer says:

    Ja, sommige kindertjies word so ‘baie’ geleer dat hulle so min van iets sal weet as ’n kat van saffraan as ons nie ingryp nie. Wat hulle wel van ‘idiome’ geleer word is heel moontlik iets soos om iemand kaal uit te trek, maar laat ek nou nie olie op die vuur gooi nie.

  6. Louw de Twak says:

    Ja nee, die ware Jacob. Hulle giggel seker vir “Hoe kaler jonker hoe groter pronker”. En so loop ons die kreeftegang so reg in die leeu se bek in…

  7. platterfuss says:

    Hehe!!! Dankie virrie smile!!! :-P

  8. skoor says:

    Oi, en waar sal ‘spyker in die doodskis’ geklassifiseer word???

  9. Louw de Twak says:

    mmm…gee nuwe betekenis aan ‘lekker is net ‘n vinger lank’….oops!

  10. sonkind says:

    en ons minister van gesondheid dink natuurlik “die kool is die sous nie werd nie.” :lol:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.