Jou dief, jou lae luis
Wat de donder soek jy in my huis?
Jou stuk gemors, jou vrot stuk kaas
Is dit lekker om my lewe op te blaas?Is jy pateties, of dalk net dom?
Jou dronk bestaan maak my regtig stom
Is jy te sleg om self net bietjie te win?
Die ys waar jy kruip raak bitter dun
More is maar net nog ‘n dag
Vir wie gaan jy die keer verkrag?
Gister is reeds verby getwak
Jy is slegter as ‘n stopstraat brak
Jou bliksem, jou brood
Jou sleg moer met ‘n vuil poot
Is jy as klein bliksem geslaan?
Blameer jy my vir jou dryfhout bestaan?
Jou vrot appel, jou stuk stront
Wat sluip jy rond op ‘n ander se grond?
Geen slaap sonder ‘n dagga stompie
Maar net voor dit, steel gou ‘n klompie
Jou dief, jou lae luis
Wat de donder soek jy in my huis?
~ Louw de Twak
Bygedra deur Louw de Twak
In die dae toe daar nog huisbesoek gedoen is met perdekar, ry ‘n dominee en ouderling op ‘n eensame plaaspad, toe hulle op ‘n man afkom wat in die pad stap.“Sal ons hom oplaai, Dominee?” vra die ouderling.
Moenie jou ontstel as dinge jou frustreer nie. Kyk rond hoe mooi die dag is en haal 3 keer diep asem. Dit sal jou die krag gee om die naaste ou goed te bliksem!
Wel, jy sien dit werk so… ‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid. Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer… en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na ‘n paar doppe!
‘n Kameelperd chat met ‘n muis. “Dis té héérlik om so ‘n lang nek te hê! Met etes kan ek elke happie geniet die heelpad wat hy op pad is maag toe en in die somer is dit so verfrissend om ietsie koud te drink – die koel vog verkwik my hele lyf terwyl dit in my keel afvloei…”
