Nostalgie

February 27, 2009

Nostalgie

Daar’s ‘n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai
Waar kinders na skool in die middag kom speel en baljaar
En eendag sien ek my vriend so eenkant alleen
Met modder wat rol oor sy vet wangetjies heen

Ek was so bevoorreg om die volle twaalf jaar van my skoolloopbaan in dieselfde huis te bly. En die huis was ook naby aan ‘n park.  ‘n Park waar ons na skool in die middae kon speel en baljaar. Ons kon, en ons het.  Want toe het ons nog gespeel. Rekenaars was primitief, en winkelsentrums ‘n maandelikse uitstappie. Maar ek wil julle nie eintlik van die park vertel nie. Ook nie van die stad se lawaai nie.  Dis meer die herinneringe van daardie tydperk. En die rigting wat my gedagtes inslaan elke keer as ek aan die park dink. Skool. Skooldae. Die giggels, trane, sprokies, nagmerries, verleenthede en oorwinnings van skooldae.

Ek is seker almal het een of ander storie te vertel van sy dae agter die banke van ‘n kwaai onnie met ‘n groot snor. Wanneer ou vriende ook al bymekaar kom, ou vriende wat saam op skool was, dan wed ek brandewyn en coke dat daar op een of ander stadium ‘n storm van stories vertel word, wat gewoonlik begin met “Onthou jy nog……”.  En later, as die stories uitvertel is, sit almal met ‘n uitdrukking van “aai tog, die goeie ou dae” op hulle gesigte.

Want elke skool het nou maar sy karakters gehad. Mense wat uitgestaan het om die vreemdste redes.  Vaatjie. Sy enkels was amper so rond soos sy wange. Maar sy hart was van goud.  Ek wonder of hy sy droom gevolg het en kok geword het.  Corrie die boelie. Die lae luis. Blykbaar het hy ‘n verkeersbeampte geword, een van die min beroepe waar matriek opsioneel is. Lettie, die meisie met die kort rokkie.  Die enigste manier hoe sy inspeksie deurgekom het, was as sy haar maag en boude gelyk ingetrek en laat sak het. Ek haal my hoed af vir haar. Ek het probeer, en dis nie maklik nie.  Dewald die reus. Sekerlik die grootste seun in die skool en die enigste een met wie Corrie nie moeilikheid gesoek het nie.  Kris, wat met moord weggekom het omdat sy pa so goed vir die skool was. En Bennie natuurlik. Hy het altyd na sweet geruik, maar hy was slimmer as ‘n mens.

En dan ,die meisie sonder naam.  Gereeld het ons voetpaadjies huis toe gekruis. ‘n Man stap maar nadat jou fiets se wiele vir die tweede keer stukkend gesteek is.  Sy het my altyd met ‘n glimlag gegroet, en ek het kop onderstebo gemompel “Hallo”.  Dit het my ‘n jaar en ‘n half se moed opbou gevat voordat ek kon sê “Wat is jou naam?”. Maar daardie dag het nooit gekom nie. Sy het spoorloos verdwyn. Miskien het hulle verhuis? Miskien is sy na ‘n ander skool? Ek wonder, dink sy darem nog aan my?

En tussen al die karakters lê die vriende en die stories. In die klas, na skool, Veldskool.  Pouse agter die pawiljoene. In die skoolsaal plat op die teëls, en die skoolhoof preek oor dissipline, terwyl iemand se maag nie lekker is nie.  Bennie wat gehuil het toe ‘n toets dop. Vaatjie wat gehuil het toe hy deur is.  Daar is twaalf jaar van herinneringe iewers opgesluit. Miskien kan jy niks onthou nie, miskien een of twee staaltjies. Maar al wat jy nodig het is ‘n ou vriend en die woorde “Onthou jy nog….”.  Dan onthou jy vinniger as wat jy kan praat.  Vir ‘n oomblik is jy weer jonk en vry, en more is net nog ‘n dag.

Ek wonder partykeer hoekom vriende na skool uitmekaar spat. Ek meen, daar is gewoonlik goeie intensies, maar soos sigaret rook, verdwyn dit in die lug en die osoon ly daaronder.. Sommige gaan na universiteite en maak nuwe vriende. Sommige trek weg. Sommige hou kontak, maar dinge is nooit weer dieselfde nie.  Vriende kom en vriende gaan. In die woorde van Branch Rickey: “Eers vergeet jy name, dan vergeet jy gesigte, dan vergeet jy om jou gulp toe te rits”

Wat het van al die mense geword?  Party se name het ek vergeet. Party se gesigte raak vaag. Maar soms, en net soms, dan staar mens na iewers in die vêrte en wonder.  Dis ‘n tipe verlange wat jou amper ongemaklik maak. Maar nie heeltemal nie.  Daar’s ‘n bietjie hartseer. Maar net ‘n tikkie.  Meng dit met ‘n glimlag, ‘n knypie verwyt, en roer dit saam met ou vriende.  Jy kry iets waarop jy jou vinger nie heeltemal kan plaas nie. Iets wat jy nie heeltemal kan beskryf nie.  ‘n Mens noem dit Nostalgie.

~ Louw de Twak


Georganiseerde Bedel

January 4, 2009

beggar2Liewe Dr Roof

Miskien kan jy my help. Ek het nou die dag saam met my ma winkel toe gery. Vanaf ons huis na die winkel is daar ongeveer 13 robotte. Gewoonlik vang ons meeste groen, maar omdat sy haastig was, het ons almal rooi gevang. Sy sê dis een of ander man met die naam van Murphy se skuld. Wie dit ook al is.

Maar wat my toe opval, is dat daar ‘n bedelaar by elke robot sit / lê / hurk. Maar net EEN per hoek. Hoe werk dit? En hoekom wil my ma nie geld gee nie? Die omie in die Sondagskool sê mens moet sorg vir die armes. Was my ma dan nie Sondagskool toe nie?

Groete
Sannie
————————————–
Liewe Sannie

Ek weet nie of jou ma Sondagskool toe was nie en ek weet nie hoekom sy nie geld gee nie. Want ek ken haar nie. As jy my ‘n nommer gee, kan ek dalk bel en vra.
Ek het self al verskeie kere oor die ding gewonder. Party mense sê jy help hulle verder in die verderf in. Party sê dat jy eerder kos moet gee.

Iemand het al die volgende vir my gesê:

“If you feed a man a fish, you feed him for a day. If you teach a man to fish, you feed him for life…”.

Dit het ek ook nie lekker verstaan nie. Ek meen, wie is so simpel om met ‘n vis in die kar te ry? Maar ek moet bieg, ek het al mense met visstokke bo-op die kar se dak gesien, maar hulle het niemand geleer nie. Miskien werk hulle volgens ‘n skedule, en kan nie almal gelyk help nie. Ek vermoed daar is dalk ‘n waglys.

Miskien kan ek jou help oor die EEN bedelaar per hoek/robot. Ek het bietjie in die argiewe gaan rondkrap……..

Min mense weet dit, maar bedel is nie vir sissies nie! Daar is ‘n paar vereistes. Jy moet aansluit by GBNSA. Georganiseerde Bedelaars vir die Nuwe Suid-Afrika. Maar moenie verwag alles kom vanself nie. Hulle werk volgens ‘n streng kurrikulum. Maar dis alles die moeite werd. Hulle leer jou hoe om die vrotste kartonne uit te soek. Skei die kaf van die koring. Dan leer hulle jou om baie lelik te skryf. As jy hierdie bemeester het, begin die pret: Daar is verskeie maniere om te bedel. Of jy waai vir die mense, of jy slaat neer op die grond en kruip rond met ‘n baie kort stokkie, of jy sit ‘n baie patoslikke gesiggie op en staar. Maar dis nie al nie. Jy sal moet leer om by hulle skedule in te pas.

Die skedule werk soos volg: Enige area word opgedeel in verskeie zones. Elke zone het sy eie groep robotte. Elke robot het staan-punte, tot ‘n maksimum van vier. Die grote van die robot bepaal die aantal staan-punte. Jy sal NOOIT twee bedelaars by dieselfde staan-punt kry nie, maar jy sal altyd dieselfde bedel-groep in ‘n zone kry. Bedel-groepe sluit in, maar is nie beperk tot: Staan-en-waai groep, wees-krippel groep, lei-‘n-blind-maat groep, baba-op-die-rug groep, lei-‘n-maat-met-karbonkels-op-gesig groep, of kombinasies, soos een-lei-‘n-blinde-maat-met-kind-op-die-rug groep.

Jy sal, as jy oplet, sien dat dieselfde groep ‘n sekere zone op een slag beset. Of almal in die zone is blind, of almal het kinders, of almal loop met ‘n krik.

Die GBNSA is natuurlik ‘n organisasie met baie kontakte. Hulle het spesiale relings met die verkeersdepartement. In die ou dae was groot strate se robotte so gesinkroniseerd dat, indien jy sestig ry, jy alle robotte sou groen slaan. Deesdae sal jy elke robot rooi vang. Dis natuurlik vir ingeval jy een bedelaar mis.

Ek hoop hierdie verklaar die een bedelaar per robot situasie. Of jy wil geld gee is jou saak. Daar is verskeie benaderings. Meeste mense speel blind en sien niks nie. Ander mense praat en sê nee. Ander vloek, en die minderheid gee ietsie. Wie is reg en wie is verkeerd? Dis ‘n storie op sy eie…..

Groete
Dr Roof


Pasop!

January 3, 2009

drink_en_stoot


Om te poep is nie ‘n sonde nie – Deur A. G. Visser

November 10, 2008

onderbroek

O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom


Kinder snot

October 20, 2008

‘n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar.
Hy krap in sy neus en trek ‘n stuk nollie uit.
Sy ma kyk en vra: “En nou? Wat gaan jy met dit doen?”
Seuntjie: “Nee ek weet nie – ons mag MOS nie in die kar eet nie..”